Blue Karoo

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Blue Karoo is 'n pragtige en kunstige huis in Prins Albert. Dié historiese dorpie skuil aan die voet van die Swartberg in die Karoo in die Wes-Kaap. Prins Albert bied verskeie doendinge - van wyn-, olyf- en kaasproe tot sterrekyk en historiese besienswaardighede.

Die kothuis het slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 1 badkamer en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoof- en tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed. Die 1 kamer lei na 'n stoep en die ander lei na 'n privaat binnehof.

Die kombuis is toegerus met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, eetgerei en breekware. Die eetarea het sitplek vir 4 en die sitarea het 'n gemaklike sitkamerstel en 'n houtstofie.

Daar is muurverwarmers vir die winter en sentrale verkoeling vir die somer. Blue Karoo is in 'n groot tuin met 'n plonspoel vir warm somerdae.

Dié lieflike huis is naby verskeie winkels, restaurante, koffiewinkels en galerye. Parkeerplek is op die perseel beskikbaar.

Slaapplek

'n Bespreking by Blue Karoo sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Tennis

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Blue Karoo gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 080 per nag (vir 4 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za