Oudtshoorn Akkommodasie by Blye Uitsig | LekkeSlaap
+32

Blye Uitsig

  • Kapasiteit: 7 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rooistraat, Volmoed Plaas, Oudtshoorn, 6620, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 760 per nag (vir 7 persone)

Beskrywing

Blye Uitsig bied basiese selfsorgverblyf met 'n plaas-atmosfeer in die hartjie van die Klein-Karoo. Dis ongeveer 15 kilometer buite Oudtshoorn, ons land se grootvoëlparadys, geleë. Dis die perfekte oornagplek tussen Kaapstad en Port Elizabeth of vir reisigers wat graag Roete 62 wil verken.

Die plaashuis het 3 slaapkamers en 1 badkamer met genoeg gemaklike slaapplek vir 7 gaste. Die eerste slaapkamer beskik oor 'n dubbelbed, die tweede slaapkamer beskik oor 1 enkelbed en dit skakel met die eerste kamer. Die derde slaapkamer bevat 2 enkelbeddens. Daar is ook 2 beddens in die leefarea. Die badkamer is ingerig met 'n bad, stort en 'n toilet. Beddegoed en handdoeke word voorsien.

Die kombuis is goed toegerus vir selfsorg en die sitkamer beskik oor 'n TV met basiese SABC-kanale en oorgenoeg sitplek. Op die groot stoep kan gaste ongelooflike uitsigte oor die majestueuse Swartberge geniet. Daar is ook ’n swembad na aan Blye Uitsig waar gaste kan swem op warm somersdae.

Daar is parkeerplek in die skaduwee beskikbaar. Hout is beskikbaar indien vooraf gereël.

Daar is 'n hele rits doendinge in en om Oudtshoorn. Gaste kan een van die volstruisplase, soos Highgate, Safari of Cango Volstruisplaas, besoek. Anders kan gaste ook gaan wynproe by Karusa Wines of die Grundheim-wynkelder besoek.

Slaapplek

’n Bespreking by Blye Uitsig sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 1 persoon
1 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Area 1
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Persoonlike Kluis
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 19 resensies vir Blye Uitsig
Netheid
4.8/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Rooistraat, Volmoed Plaas, Oudtshoorn, 6620, Wes-Kaap
  • Gaste dink Blye Uitsig het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 760
per nag (vir 7 persone)
Vanaf R1 760
per nag (vir 7 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 7 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rooistraat, Volmoed Plaas, Oudtshoorn, 6620, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDA4YWIxYjgyLWEwMmUtNDc1MC1hNzYwLTFlYWI0MzcwOTRjNA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 760  per nag (vir 7 persone) 19 5 1 5 Rooi Street Volmoed Farm 6620 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-21:00 10:00 -33.658555937355 22.105577141047
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za