Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Bo Kouga Mountain Retreat

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 45 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.7
Veiligheid
4.9
Thys B
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Jun 2023

Uitsonderlike omgewing en akkommodasie. Ons was aangenaam verras met die kothuis (Zebra), netjies en goed toegerus. Oorgenoeg hout was voorsien om die koue met die kagel te verdryf. Die omgewing is pragtig, rustig en sielverrykend. Sterre was pragtig, want daar is geen lugbesoedeling. Die stap na die waterval was nogals taai, net oor 1 uur tot daar se taai stap. Maar dit was die moeite werd. Ons Beagle hond het die naweek net so geniet. Beslis aan te beveel. Dankie tog vir geen selfoon sein, kon die fone wegsit en die omgewing inneem.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Jolande B
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Apr 2023

Lovely well equipped cottage. Beautiful surroundings. Kind attentive staff. Not only was the cottage well equipped with everything we needed, but it was also great to see that there was even provision for animals (bowls, leashes). Lots of firewood was more than enough for the rainy weather we experienced. Loved the closeness of the farm animals and the staff was very attentive and kind when we arrived to ensure we were settled in. We loved seeing the wild animals being fed and the waterfall and rockpool. Communication was great. We advise alternative roads because of the rain. Easy, no-fuss process. We will definitely be back.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Liezel S
Kort verblyf Gesin met klein kinders
4.8
Apr 2023

Rustige kuier. Mooi omgewing. Personeel baie behulpsaam. Heerlik gekuier en ontspan voor kaggelvuur. Bonus: troeteldiervriendelik.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Clifford R
Kort verblyf Gesin met tieners
5.0
Des 2022

Afgeleë, rustig en pragtig. Baie lekker paar dae daar spandeer in Desember. Die padaanwysings was perfek en baie duidelik. Die paaie was verspoel weens die baie reën so die eienaar het my 2 dae voor ons aankoms op hoogte gehou met vordering deur die paaie administrasie om die paaie oop te stoot. Die eienaar was bereid om volledige terugbetaling te doen maar ons het besluit om te wag en sien of die paaie oopgemaak word en dit was! Ons was baie gelukkig om daar te kuier en die opsigter Tyler was baie vriendelik en het ons bygestaan met enigeiets. Daar was slegs een regteige koue aand maar Tyler het gesorg dat daar oorgenoeg droë hout beskikbaar was vir die kaggel (en vir die braai). Fantastiese plek vir mense wat so bietjie rus vir hul siel soek.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Dirk F
Kort verblyf Gesin met tieners
5.0
Des 2022

Bo Kouga is 'n fantastiese familie-wegkomplekkie! Daar is geen sein nie - ons het gelag, gekuier, gespeel en gesels soos nog nooit vantevore nie! Die uitsig is asemrowend! Ons het die staproete aangevat en dit was tough op ons stadsjapies maar ook die waterval werd! 'n Hidden gem! Die akkommodasie is topklas en plain and simple in een. Dit was lekker gemaklik en pragtig in een woord! Daar is bokke, diere, skapies, kajakke, damme, natuur uit 'n sprokie! Ons sal vir seker weer gaan! Dit was die lekkerste, rustigste drie dae wat ons nog gehad het! Pret en rus soos nog nooit tevore nie! Die plekkie is so mooi versteek, dit is 'n stukkie paradys doer in die berge versteek!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ronny / Antoinette K
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Des 2022

Very relaxed couple of days. Lovely neat accommodation with beautiful view over the valley.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Christiaan B
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Jul 2022

Salige, rustige, ongelooflike natuurskoon. Lekker kaggel met genoeg hout, fantastiese uitsig, vriendelike ontvangs, snoesig en fantasties.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Belinda V
Kort verblyf
5.0
Apr 2022

'n Wonderlike wegbreektyd in pragtige natuur. 'n Heerlike tyd waar ons diskonnekteer het van die buite-wêreld sodat ons weer kon konnekteer met onsself. Pragtige natuurskoon. Die kothuis is gerieflik ingerig en baie netjies. Ons honde-kinders het die stappies geniet en was veilig en toegekamp terwyl ons ontspan het. Lieflike kaggel binne en genoeg hout het ons lekker laat kuier selfs met die koue en nat weer. Ons sal beslis weer kom kuier.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Santa R
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Feb 2022

Rustige, asemrowende omgewing. Dit is die mooiste plek tussen berge en die suikerbosse is in blom. Ons het waterval toe geloop en oral vergaap jy jou aan die natuurskoon. Die huisie is knus en goed toegerus en elke dag het die groot skilpad en die katte kom dagsê. Ons sal vir seker weer daar gaan uitrus.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Chris V
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.8
Aug 2022

Hemelse stilte. Ons het so 2 aande hier oorgestaan. Die stilte, natuurgeluide en asemrowende natuurtonele was hemels gewees. Tyler, die opsigter, was ook baie vriendelik en behulpsaam. Ons het heerlik gerus.

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Marius Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 45

Op LekkeSlaap 7 jaar

Vanaf
Vanaf R875
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R875
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 16 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bo Kouga, De Hoop-pad, Uniondale, 7129, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDc2ZGI5YWNlLWE0Y2EtNDFjMS05NmNiLWE1MGZhOTg0NjQ0NQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R875 per nag (plek vir 2) 45 5 1 5 Bo Kouga De Hoop Road 7129 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.66426 23.353834

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang