Bokkemans Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Bokkemans Lodge bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n privaat en gesellige tweeslaapkamerwoonstel op 'n ekovriendelike landgoed teen die berg in Houtbaai. Alhoewel die hoofhuis net op sekere datums beskikbaar is, kan dit saam met of apart van die woonstel bespreek word.

Die hoofhuis is in 'n Kaapse styl gebou en beskik oor 3 slaapkamers, 2 en suite-badkamers en 'n volledig toegeruste kombuis. Die kombuis het toebehore soos 'n wasmasjien, tuimeldroër en 'n skottelgoedwasser. Daar is ander geriewe soos 'n TV met DStv en onbeperkte WiFi. Gaste het toegang tot 'n sprankelende swembad, 'n onthaalarea met stoepmeubels, 'n draagbare braai en 'n gasbraai. Gaste kan ook die pragtige uitsigte oor die vallei geniet.

Dié woonstel beskik oor 2 en suite-slaapkamers, 1 met 'n koningingrootte-bed en die ander met 2 enkelbeddens wat in 'n koningingrootte-bed omskep kan word. Daar is ook 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die kombuis is toegerus met 'n yskas, oond, stoof en mikrogolf. Die woonstel het 'n alarmstelsel, wasmasjien, sekere DStv-kanale en onbeperkte WiFi. Daar is 'n privaat patio met draagbare braaigeriewe. Daar is ook veilige parkeerplek vir 2 voertuie op die perseel.

Die omgewing bied restaurante, wynplase en strande, soos Houtbaai, Llandudno en Kampsbaai. Wynplase in die omgewing sluit Beau Constantia, Constantia Glen, Eagles Nest, Silvermist, Houtbaai Vineyards en Ambeloui Wynkelder in. Dis ook naby Steenberg en Westlake se gholfbane, asook Clovelly Gholfbaan 'n entjie verder. Wandel in die landgoed se privaat woud of ry oor Chapmanspiek na Noordhoek en Cape Point Vineyards.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Forex
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Bokkemans Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 500 per nag (plek vir 5)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]