Bullrush Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Bullrush Cottage is in 'n inheemse tuin op 'n stil, veilige landgoed met 'n hek in Houtbaai geleë. Dié smaakvol versierde tuinkothuis het slaapplek vir 2 gaste.

Die kothuis het 1 slaapkamer met 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en stort. Daar is 'n gerieflike oopplan-sitkamer en -eetkamer met 'n TV en DStv. Die kombuis is volledig toegerus met 'n oond, stoof, 'n yskas-vrieskas met 'n dubbeldeur, mikrogolfoond, 'n espresso-masjien en 'n koffiemasjien. Die kothuis maak op die privaat stoep oop wat stoepmeubels en 'n ketelbraai het. Gaste kan gerus gebruik maak van die gemeenskaplike swembad. Swemhanddoeke word voorsien.

Die kothuis word weekliks skoongemaak en alle perkallinne en badhanddoeke word voorsien. 'n Wasgoeddiens of ekstra skoonmaakdiens is beskikbaar teen 'n ekstra tarief. Daar is veilige parkeerplek langs die voordeur.

Jy kan sommer in die sekuriteitslandgoed van 34 hektaar stap in die berg of in die netjiese fynbostuin tussen die dammetjies wat heelwat voëls lok. Dit sluit oranjeborssuikerbekkies en Kaapse suikervoëls in. Daar is 5 groot bergskilpaaie wat in die landgoed woon.

Slaapplek

'n Bespreking by Bullrush Cottage sluit in:

1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Dienste

  •  Koordlose Internet

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier
  •  Kluis

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Bullrush Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R935 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za