LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Bushwise Safari Lodge Kruger Park | LekkeSlaap
+72

Bushwise Safari Lodge Kruger Park

Wildsplaas

Kliek op enige tarief om 'n meer volledige prysberekening te sien.

Prys sluit in
Selfsorgkamer
Selfsorg
Eksklusiewe gebruik van 'n boma met braaigeriewe. Gaste moet hul eie hout, houtskool en ys voorsien.
Skoonmaakdienste is beskikbaar op versoek teen R100 per dag.
'n Breekskadefooi van R1000 word gehef voor 'n bespreking bevestig kan word en dit is terugbetaalbaar nadat die eienaar bevestig het dat daar geen skade of verlies was nie.
Lodge-slaapkamer op die onderste verdieping
Basiese selfsorg met basiese verhit- en eetgeriewe. Dit sluit 'n yskassie, mikrogolf, broodrooster en ketel in. Let dat daar nie 'n stoof is nie, en gaste mag ook nie hulle eie stoof saambring nie - kook word nie in die kamers toegelaat nie. Geen toegang tot die kombuis in die lodge vir gaste in hierdie eenheid nie.
Gaste het toegang tot die gemeenskaplike boma met braaigeriewe (dit word gedeel met ander gaste) - eetgerei sal verskaf word. Gaste moet hul eie hout, houtskool en ys voorsien.
Toegang tot die oop balkon en sprankelende randvloei-swembad met eksklusiewe uitsigte oor die Kruger Park en Krokodilrivier.
Gratis WiFi.
'n Daaglikse skoonmaakdiens is ingesluit.
Lodge-kamer op die boonste verdieping
Basiese selfsorg met basiese verhit- en eetgeriewe. Dit sluit 'n yskas, mikrogolf, broodrooster en ketel in. Let dat daar nie 'n stoof is nie, en gaste mag ook nie hulle eie stoof saambring nie - kook word nie in die kamers toegelaat nie. Gaste in hierdie eenheid het nie toegang tot die kombuis in die lodge nie.
Gaste het wel toegang tot die gemeenskaplike boma met braaigeriewe (dit word gedeel met ander gaste) - eetgerei sal verskaf word. Gaste moet hul eie hout, houtskool en ys voorsien.
Toegang tot die oop balkon en sprankelende randvloei-swembad met eksklusiewe uitsigte oor die Kruger Park en Krokodilrivier.
Gratis WiFi.
'n Daaglikse skoonmaakdiens is ingesluit.
Lodge-kamer Deluxe
Semi-selfsorg. Dit sluit 'n yskassie, mikrogolf en ketel in. Daar is ook 'n klein buitekombuisie met 'n tweeplaatstoof en oondjie asook 'n broodrooster. Daar is 'n klein opelug braai-area voor die kamer. Gaste moet sab. hul eie hout, houtskool en ys bring.
Toegang tot die oop balkon en randvloei-swembad op die boonste verdieping van die lodge langsaan, met 'n uitstekende uitsig oor die Krugerwildtuin en die Krokodilrivier.
Gratis WiFi by die lodge langsaan
'n Daaglikse skoonmaakdiens is beskikbaar, een keer per dag.
Selfsorgeenheid
Selfsorg.
Die eenheid het 'n volledig toegeruste kombuis.
Eksklusiewe gebruik van 'n boma met braaigeriewe. Gaste moet hul eie hout, houtskool en ys voorsien.
Skoonmaakdienste is op versoek beskikbaar teen R200 per dag.
'n Breekskadefooi van R1000 word gehef voor 'n bespreking bevestig kan word en dit is terugbetaalbaar nadat die eienaar bevestig het dat daar geen skade of verlies was nie.
Blits-aanbod 30% af

Kry 30% af vir verblyf voor 31 Desember 2022

Huisreëls

Klankbesoedeling:
Aangesien ons in 'n natuurbewaringsgebied is word geen harde musiek of enige ander harde geraas toegelaat nie. Indien die sekuriteitsmaatskappy in Marlothpark 'n klagte ontvang sal hulle ontbied word om ondersoek in te stel en 'n boete van tot en met R2000 mag gehef word.

Maaltye:
Die volgende etes is op versoek en teen ’n ekstra koste beskikbaar. Neem asb. kennis dat ontbyt al die vorige aand bestel moet word en aandete moet teen 15:00 bestel word.
- Volledige Engelse ontbyt: Tussen 7:30 en 10:00, R130 per persoon. Stel ons asb. in kennis rakende die tyd wat jy wil eet.
- 'n Driegang-aandete word om 19:00 by kerslig onder die Afrika-sterrehemel teen R240 per persoon bedien. 'n Vasgestelde spyskaart met tradisionele Suid-Afrikaanse disse word bedien. 'n Vegetariese opsie is beskikbaar.
- Ontbyt- en middagetepakkies is beskikbaar teen R110 per persoon.

WiFi:
- Gratis WiFi is beskikbaar aan alle gaste. Dit is beskikbaar in die gemeenskaplike areas van die hoofgebou van die lodge.
- WiFi-wagwoord: Gr8Safaris

Uitsigte:
Lodge Kamers Bo:
- Die lodge kamers op die boonste verdieping het 'n uitstekende uitsig oor die Krugerwildtuin en die Krokodilrivier.
Lodge Kamers Onder en Deluxe Lodge Kamers:
- Die Deluxe lodgekamers en die kamers op die onderste verdieping, alhoewel hulle front na die Krugerwildtuin en Krokodilrivier, het 'n uitsig oor die natuurlike bosveld voor die lodge.
Selfsorgeenheid en Selfsorgkamer:
- Let asb. dat die selfsorgeenheid en selfsorgkamer semi-losstaande is en agter die lodge is. Albei eenhede bied 'n uitsig oor die natuurlike bosveld van die natuurbewarea in Marothpark waar diere vrylik rondloop. Daarom het hierdie verblyfopsies nie uitsigte oor die Krokodilrivier of Krugerwildtuin nie.

Geen formele tuine word toegelaat in Marlothpark nie, aangesien dit 'n natuurreservaat is wat diere van genoeg weiding in die winter moet voorsien.

Safaris, toere en aktiwiteite:
Indien gaste enige safaris, toere en/of aktiwiteite wil bespreek moet hulle asb. let daarop dat sitplekke beperk is. Gaste moet vooraf bespreek en betaal sodat hulle hul sitplekke kan vasmaak en teleurstelling vermy. Stel asb. die lodge in kennis van jou dag-tot-dag beplanning so gou as moonlik. Kyk asb. op die webtuiste rakende die pryslys en beskrywings om 'n beter idee te kry van wat om te verwag.
Selfry-ritte na die Krugerwildtuin in gaste se eie voertuig:
- Indien gaste die Krugerwildtuin in hul eie voertuig wil binnegaan, stel ons voor dat gaste vooraf op SANParks se webtuiste bespreek, om seker te maak dat gaste toegang kry en om lang toue te vermy.
Die Krugerwildtuin laat slegs 'n sekere aantal voertuie in die park toe oor langnaweke, die feesseisoen en skoolvakansies. Indien jy vooraf bespreek en betaal het is jou ingangskaartjie wel bevestig. Hulle sal bewys van jou Sanparke se besprekingsverwysing benodig voor hulle jou die park sal laat binnegaan. Die naaste hek is die Krokodilbrughek, wat 18 km vanaf die instansie is. Die Malelane-hek is 45 km vanaf die instansie.

Ekstra gaste:
- Die kamers op die onderste verdieping van die lodge en die kamers in die selfsorgeenheid is groot genoeg om ’n ekstra bed in te sit, wat op versoek voorsien kan word. Indien die aantal gaste vir die bespreking verander word, moet gaste asb. die instansie in kennis stel aangesien die verblyftarief per persoon bereken word en 'n ekstra fooi per ekstra persoon gehef sal word:
- Kinders 1 jaar oud en jonger bly gratis.
- Kinders tussen die ouderdom van 2 en 11 betaal 50% van die deeltarief.
- Kinders 12 jaar en ouer betaal die volledige verblyftarief.

Kansellasiebeleid - Pasgemaak
Ons Covid-19 waarborg: Ons waarborg ’n volle terugbetaling vir enige kansellasies weens nasionale of provinsiale beperkings op reis wat jou daarvan weerhou om jou bespreking te gebruik Lees meer
Meer as 1 maand voor die inkloktyd 100%van die deposito word terugbetaal
Minder as 1 maand voor die inkloktyd 0%van die deposito word terugbetaal
Breekskadedeposito

'n Terugbetaalbare breekskadedeposito van R 1000 moet direk aan die instansie betaal word.

Vanaf R1 300
R1 300 R910
per nag, vir 2 mense
Vanaf R1 300
R1 300 R910
per nag, vir 2 mense
Vanaf R1 300
R1 300 R910
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 20 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Njalastraat 2821, Marlothpark, 1340, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAb1523b16e35bc6c341eb7f7e05f8c595c395ab529a3c5d18873c41dd4531903429d8814c8e8ac1b912e6cbe5495d422ebbd8?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 300, nou Vanaf R910  per nag, vir 2 mense 34 5 1 5 2821 Njala Street Marloth Park 1340 Mpumalanga 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -25.335851833263 31.791782230139
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!