By Oude Tol Farm
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 12 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R46, Oude Tol Plaas, Tulbagh, 6820, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R800 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
By Oude Tol Farm is op 'n bees- en skaapplaas in die Nuwekloofpas op pad na Tulbagh geleë. Dié plaas strek van die bergtop af tot by die Kleinbergrivier, die historiese tolpad tot by die treinspoor waarop die Shosholoza Meyl loop.
By Oude Tol Farm het 2 selfsorg-eenhede, Harmonika en Bougain Villa. Gaste kan lekker gaan stap op die plaas en die melkery en die skape besoek.
Bougain Villa bestaan uit twee woonstelle: Bougain Villa Green en Bougain Villa Red.
Bougain Villa Green bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers en 'n badkamer met 'n stort en 'n bad. Daar is 2 koninggrootte-beddens wat op versoek in enkelbeddens omskep kan word.
Bougain Villa Red bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers en 'n badkamer met 'n stort en 'n bad. Daar is 2 koninggrootte-beddens wat op versoek in enkelbeddens omskep kan word.
Daar is 'n oopplan-kombuis, eetarea en leefarea met 'n kaggel en 'n TV. Die glasdeure lei na die houtdek voor die huis.
Harmonika het slaapplek vir 4 gaste in 2 slaapkamers. Beide slaapkamers het 'n koningingrootte-bed en beide en suite-badkamers het 'n stort.
Daar is 'n oopplan-kombuis en sitarea. Die kombuis is met 'n yskas, stoof, mikrogolf en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus.
Daar is 'n klein stoep en 'n buitebraai. Die huis is teen die berg en word met fynbos omring.
Vuurmaakhout vir die braai word voorsien en daar is 'n gemeenskaplike swembad waarvan gaste gebruik kan maak.
Tulbagh is net 120 km van Kaapstad af. Een van Suid-Afrika se mooiste valleie is hier geleë en puik wyn, olywe en vrugte word in die omgewing verbou.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Wynproe
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Frans
- Duits
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Hadi Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 58
Jaar gelys 8
Ligging
- R46, Oude Tol Plaas, Tulbagh, 6820, Wes-Kaap
- Gaste dink By Oude Tol Farm het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 12 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R46, Oude Tol Plaas, Tulbagh, 6820, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom