LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by C-Kijker | LekkeSlaap
+26

C-Kijker

  • Kapasiteit: 5 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Jeff's Place 4, Pearl Bay, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 600 per nag (vir 5 persone)

Beskrywing

C-Kijker is 'n moderne selfsorg-woonstel in die hartjie van Pearl Bay in Yzerfontein. Dié woonstel bied 'n lieflike see-uitsig en is net sowat 250 m van die strand af. Dit het ook 'n uitsig oor Dasseneiland en die vuurtoring.

Die woonstel is ruim en het 2 slaapkamers, 'n privaat ingang en 'n moderne kombuis met 'n oond, stoof, mikrogolf, wasmasjien en 'n yskas. Daar is 2 volledige badkamers waarvan 1 en suite aan die hoofslaapkamer is. Die leefarea en kombuis is oopplan en het skuifdeure na die braai-stoep.

Albei slaapkamers het dubbelbeddens, maar enkelbeddens kan ook versoek word. Die woonstel bied slaapplek aan 6 gaste.

Die sitkamer het gemaklike sitplek en 'n platskerm-TV met volledige DStv. Handdoeke, beddegoed en 'n haardroër word voorsien. Gaste moet asb. hul eie swemhanddoeke bring.

Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.

Yzerfontein se uitgestrekte strande en pragtige branders is ideaal vir seilplank-, branderplank- en lyfplankry. Ander doendinge in Yzerfontein sluit fietsry, visvang en kanovaart in, en binne seisoen is daar walvisse en dolfyne te sien.

Yzerfontein is minder as 100 km vanaf Kaapstad Internasionale Lughawe en die V&A Waterfront. Dis ook net 33 km van Langebaan af en is dus ideaal vir daguitstappies na besoekpunte aan die Weskus.

Slaapplek

’n Bespreking by C-Kijker sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelslaapbank
Slaapkamer 3
Plek vir 1 persoon
1 xEnkelslaapbank

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Rolstoelvriendelik
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Rolstoelvriendelik

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 14 resensies vir C-Kijker
Netheid
4.9/5
Diens
4.6/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.6/5

Ligging

  • Jeff's Place 4, Pearl Bay, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
  • Gaste dink C-Kijker het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 600
per nag (vir 5 persone)
Vanaf R1 600
per nag (vir 5 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 5 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Jeff's Place 4, Pearl Bay, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAyXwsEorEagq0JWKpbxDY5zBJfcKEKujjVBNMd64jGpS0tV2T9l?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 600  per nag (vir 5 persone) 14 5 1 5 4 Jeff's Place Pearl Bay 7351 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -33.366668 18.168498
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!