Camico

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Camico is 'n ruim, rookvrye, semi-losstaande woonstelletjie. Dit is heeltemal privaat en besoekers het toegang tot 'n veilige, boomryke tuin en braaiplek. Die eienaars blink uit in persoonlike diens en besoekers kan lekker ontspan, of hulle nou by ons tuisgaan vir sake of vir plesier.

Camico is maklik bereikbaar van Kaapstad Internasionale Lughawe en al die hoofpaaie af en bied ideale akkommodasie vir diegene wat al die besienswaardighede in die stad en die skiereiland wil besoek. Die doendinge is legio. 'n Paar van die gewildste plekke sluit die V&A Waterfront, Tafelberg se kabelkarretjie, Kaappunt en Kirstenbosch in. En dan het ons nog nie eers al die winkelsentrums genoem nie.

As jy 'n bietjie keelvol vir die stad raak stel ons die volgende doendinge voor: verken die berge, die pragtige roetes, strande, hawes en proe wyn by die uitstekende wynplase. Wandel rustig deur Stellenbosch, Franschhoek en die Paarl, of verken Somerset-Wes, die Strand en Hermanus - hierdie kusdorpies sal jou rustig stem. Daar is restaurante om van te kies en te keur, vra ons gerus om 'n aanbeveling te maak.

Die Toerismergraderingsraad van Suid-Afrika het 3 sterre aan ons toegeken. Ons sorg dat ons streng hou by die gedragskode van hierdie organisasies. Ons opgeruimde en sorgsame diens verseker dat ons gaste altyd lekker kan ontspan en hul verblyf geniet (ons besoekersboek getuig hiervan!).

Ons slaapkamers het volvloermatte, gemaklike dubbelbeddens en oorgenoeg kasruimte. Die sitkamer het gemaklike rusbanke, 'n dubbelslaapbank, TV en DVD-speler. Die luukse badkamer het 'n stort, bad, wasbak en toilet. Vloeibare seep en handdoeke word voorsien. Die kombuisie is volledig toegerus en het 'n tafel, stoele, yskas, mikrogolf, tweeplaatstoof, wasmasjien, ketel en al die nodige kook- en eetgerei. Koffie- en teemaakgeriewe en beskuit word voorsien. Daar is ook 'n strykyster, strykplank, haardroër, waaiers en verwarmers.

Daar is 'n heerlike, veilige, boomryke tuin met braaigeriewe en voëls kom lê gereeld besoek af.

Slaapplek

'n Bespreking by Camico sluit in:

1 x Dubbelbed
1 x Dubbelslaapbank

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Dienste

  •  Koordlose Internet

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Verekombers
  •  Elektriese kombers
  •  Waaier
  •  Klein Kombuis
  •  Kluis

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Vermaak

  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Camico gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 250 per nag (vir 4 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false