Cape Quarter Living Apartments

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Cape Quarter Living Apartments bied sjiek, luukse verblyf op dakhoogte in die nuwe Cape Quarter in die De Waterkant-buurt. Hierdie woonstelle is net 'n paar minute van die stadskern, V&A Waterfront en Kaapstad se Konvensiesentrum (CTICC) af.

Hier sal jy deel voel van die stadslandskap met uitsigte op Tafelberg, Seinheuwel, asook uitsigte oor Kaapstad se hawe en die pragtige De Waterkant-buurt. Die woonstelle is keurig ingerig om 'n warm, atmosferiese interieur vol tekstuur te bied. Die dekor word gekomplimenteer deur natuurlike hout- en steenafwerkings en elemente van die Cape Quarter se geskiedenis is ook in die versiering gebruik.

Daar is een- of tweeslaapkamerwoonstelle om van te kies, elkeen met 'n ten volle toegeruste kombuis, 'n privaat badkamer met verhitte handdoekrelings, lugversorging, 'n TV met DStv-kanale, WiFi en 'n ingeboude kluis.

Gaste kan die gerief en veiligheid van hierdie leefstylkompleks geniet. Al die noodsaaklikhede is immers op die perseel self, en die kompleks bied 'n privaat swembad en 'n daktuin.

Luukse boetiekwinkels wat die nuutste modes in dekor, ontwerp, meubels, mode, kos en vermaak bied, maak van Cape Quarter Living Apartments 'n unieke bestemming.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Geriewe

  •  Swembad
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Cape Quarter Living Apartments gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 500 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false