Sunningdale Akkommodasie by Carradale House | LekkeSlaap
+12

Carradale House

1 resensie
Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Carradale-straat 73, Sunningdale, Blouberg, Kaapstad, 7441, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 750 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Carradale House bied gemaklike selfsorgverblyf in 'n smaakvol versierde drieslaapkamerhuis wat in die buurt, Sunningdale, in Blouberg, sowat 3 km van Blouberg se hoofstrand geleë is.

Die huis beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n ruim oopplan-leefarea met 'n ten volle toegeruste kombuis. Die eerste en tweede slaapkamers het elkeen 'n dubbelbed en die derde kamer het 'n enkel- en driekwartbed. Nog 2 gaste kan op matrasse slaap teen ekstra koste. Die kombuis is toegerus met 'n yskas, oond, stoof en 'n mikrogolfoond, en die huis het 'n TV met 'n vol DStv-pakket en WiFi. Daar is 'n enkelmotorhuis en 2 parkeerplekke op die perseel, asook 'n tuin met 'n patio en braaigeriewe.

Al die nodige geriewe is op jou stoep! Daar is winkelsentrums, vulstasies, gimnasiums en supermarkte in die omtrek. Die MyCiTi-bushalte is sowat 300 m verder met die straat af en hierdie busdiens bied openbare vervoer vir die inwoners van die buurt en die omliggende area, asook besoekers aan Kaapstad Internasionale Lughawe en die V&A Waterfront. Daar is verskeie restaurante en kroeë om van te kies. Sommige is op die strandfront en sommiges is in die buurt self. Ons het ook die ideal ligging vir toegang tot Durbanville Hills Wynlandgoed.

Slaapplek

’n Bespreking by Carradale House sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 1 resensie vir Carradale House
Netheid
4.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.0/5

Ligging

  • Carradale-straat 73, Sunningdale, Blouberg, Kaapstad, 7441, Wes-Kaap
  • Gaste dink Carradale House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 750
per nag (plek vir 6)
Vanaf R1 750
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Carradale-straat 73, Sunningdale, Blouberg, Kaapstad, 7441, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGRiYmI1MTJkLTNmNDMtNDQyZi1hYzAwLWI3NGZlMjMwMzRhZQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 750  per nag (plek vir 6) 1 5 1 5 73 Carradale Road Sunningdale, Blouberg 7441 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-21:00 10:00 -33.807701400548 18.485832810402
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za