Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Casa Dos Milagres

Selfsorg
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Gentoostraat 89, Kaap Agulhas, 7287, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 400 per nag (plek vir 10)

Beskrywing

Casa Dos Milagres is 'n unieke selfsorg-vakansiehuis in Kaap Agulhas. Dit is die ideale wegbreek vir 'n groep vriende of 'n gesin wat op soek is na ontspanne verblyf met 'n pragtige uitsig.

Dié dubbelverdiepinghuis bied slaapplek aan 10 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 3 en suite-badkamers. Daar is 2 slaapkamers op die grondverdieping en 1 slaapkamer op die eerste verdieping. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n enkelbed. Die tweede slaapkamer het 3 enkelbeddens. Hierdie slaapkamers se en suite-badkamers het elk 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die derde slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, wasbak en 'n toilet. Die leefarea op die eerste verdieping het 'n dubbelbed.

Daar is 'n leefarea op die grondverdieping en een op die eerste verdieping en elk beskik oor 'n kombuis, leefarea en 'n eetarea en het toegang tot 'n balkon. Die grondverdieping se kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, mikrogolfoond, skottelgoedwasser, eetgerei, breekware, koffie- en teemaakgeriewe en 'n toonbank met stoele toegerus. Die sitarea het gemaklike sitplek en 'n kaggel, en lei na 'n balkon met 'n see-uitsig. Die kombuis op die eerste verdieping is met 'n gasstoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei, breekware, koffie- en teemaakgeriewe en 'n etenstafel toegerus. Die sitarea het gemaklike sitplek, 'n kaggel en 'n dubbelbed. Groot glasdeure lei na 'n balkon. Gratis WiFi is ook beskikbaar.

Gaste het toegang tot 'n dek op die dak wat met 'n uitsig oor die see en die omgewing spog. Daar is ook 'n wasmasjien in die kelder. Braaigeriewe en parkeerplek is op die perseel beskikbaar. Hierdie verblyf is naby verskeie geriewe, soos winkels, restaurante en besienswaardighede, soos die Suidpunt van Afrika.

Slaapplek

’n Bespreking by Casa Dos Milagres sluit in:

Enkelbed / Driekwartbed Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 3 mense
1 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 3 mense
3 xEnkelbed / Driekwartbed
Dubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Area 1
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Meer oor dié eenheid

  • Privaat ingang

Dienste

  • Koordlose internet

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Aparte toilet
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Eetkamer
  • Verekombers
  • Waaier
  • Kaggel
  • Sitkamer

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Ekstras

  • Tee en koffie skinkbord

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 1 resensie vir Casa Dos Milagres
Netheid
4.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Emmanuel Nuut op LekkeSlaap!

Eiendomme 1

Resensies 1

Maande gelys 6

Ligging

  • Gentoostraat 89, Kaap Agulhas, 7287, Wes-Kaap
  • Gaste dink Casa Dos Milagres het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R2 400
per nag (plek vir 10)
Vanaf
Vanaf R2 400
per nag (plek vir 10)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Gentoostraat 89, Kaap Agulhas, 7287, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA6f23f6750f98e0cad6bb7d1745fa8fa56a1482cb4a1581d151069ed0b0d7eb46992965206e4f37e40828c68022c84a32dd99?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 400 per nag (plek vir 10) 1 5 1 5 89 Gentoo Street Cape Agulhas 7287 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.8256799 20.0013487
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem