Calypso Beach Akkommodasie by Casa Ruscello | LekkeSlaap
+39

Casa Ruscello

1 resensie
Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 13:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Urania-straat 21, Calypso-strand, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 9
  • Vanaf R3 800 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Casa Ruscello is 'n moderne selfsorghuis in Calypso-strand, Langebaan. Die huis se ontwerp spreek van 'n Toskaanse invloed en dit bied gerieflike slaapplek vir 8 mense.

Casa Ruscello het 4 slaapkamers. Die hoofslaapkamer is op die boonste vloer en het 'n koningingrootte-bed, 'n en suite-badkamer met 'n spa-bad, en toegang tot die balkon. Die ander 3 slaapkamers is op die grondvloer. Slaapkamer 2 het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer, Slaapkamer 3 het 2 driekwartbeddens en 'n en suite-badkamer, en Slaapkamer 4 het ook 2 driekwartbeddens, 'n gaste-toilet, en gerieflike toegang tot 'n buitestort - die badkamer kan met die derde slaapkamer gedeel word.

Die moderne kombuis en opwaskamer is ten volle toegerus en beskik oor 'n stoof, oond, skottelgoedwasser, dubbeldeur-yskas-vrieskas, vullisverwyderaar, koffiemasjien en mikrogolfoond. Daar is ook 'n eetkamertafel vir 8 mense in die eetarea en 'n platskerm-TV (55'') met volledige DStv-kanale.

Bo is daar 'n kuier-area met 'n gaste-toilet, kroeg, platskerm-TV, ingeboude braaiplek, en konsertinadeure na 'n ruim patio/balkon met sonstoele, sambrele en meer. Gaste kan die pragtige sonsondergange van die balkon af geniet. Die boonste kamers het ook pratige see-uitsigte.

Op die grondvloer is daar 2 slaapkamers wat see-uitsigte bied en daar is 'n waskamer met 'n warmwater-wasmasjien.

Casa Ruscello is net 2 minute se stap van die bekende Calypso-strand af en 'n klein entjie se ry vanaf die restaurante, winkels en Lagoon-stran. Dit is ideaal vir 'n spoggerige gesinsvakansie.

Slaapplek

’n Bespreking by Casa Ruscello sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Veilige Parkering

Geriewe

  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 1 resensie vir Casa Ruscello
Netheid
4.0/5
Diens
4.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Urania-straat 21, Calypso-strand, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
  • Gaste dink Casa Ruscello het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R3 800
per nag (plek vir 8)
Vanaf R3 800
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 13:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Urania-straat 21, Calypso-strand, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 9
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDU5OTY2YmRjLTZlMTEtNGUxYS1iYmIxLTg4NTc1M2JkMWUwNQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R3 800  per nag (plek vir 8) 1 5 1 5 21 Urania Road Calypso Beach 7357 Wes-Kaap 086 999 0018 13:00-19:00 11:00 -33.06017 18.0431
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za