LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Castello Di Monte | LekkeSlaap
+35

Castello Di Monte

Gastehuis
  • Kapasiteit: 18 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Aries-straat 402, Waterkloof Ridge, Pretoria, 0181, Gauteng
  • Geen kinders onder 8
  • Vanaf R4 900 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Castello Di Monte is 'n Toskaanse villa op 'n groot landgoed op 'n heuwel in die luukse, lowerryke buurt, Waterkloof Ridge in Pretoria. Castello Di Monte se 16de eeuse prag en praal word gekomplementeer deur moderne geriewe. Dit bied die perfekte plek vir 'n sakevergadering of romantiese wegbreek, kompleet met 'n Juliet-balkon.

Verblyf word aangebied in 4 klassieke kamers, 3 terraskamers, 1 wittebroodsuite en 1 presidensiële suite. Elke kamer het 'n koningingrootte-bed, 'n koninggrootte-bed of 2 enkelbeddens. Ander geriewe in die kamers sluit 'n platskerm-TV met eksklusiewe DStv, lugversorging wat met 'n afstandbeheer werk, ondervloerse verhitting, 'n kroegyskassie, WiFi, persoonlike kluis, direkte telefoonlyn, en tee- en koffiemaakgeriewe in.

Castello Di Monte spog met 7 intieme eetareas. Elke area bied 'n watertand-ervaring en 'n uitsig. 'n Volledige Engelse ontbyt, kontinentale en warm items met tee, koffie en sap is ingesluit by die tarief. 'n A la carte-spyskaart is vir aandete beskikbaar.

Castello Di Monte bied 'n verskeidenheid dienste en geriewe wat gaste se verblyf onvergeetlik sal maak. Koel in die Romeinse styl-swembad af of ontspan by met 'n skemerkelkie by die kroeg. Speel skaak op die reuseskaakbord op die dak en geniet die uitsig oor Pretoria. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.

Gaste kan spabehandelings in hulle kamers geniet en daar is 'n sauna en stoomkamer op die perseel.

Castello Di Monte maak ook voorsiening vir konferensies, troues of funksies en kan tot 35 gaste of afgevaardigdes akkommodeer, afhangend van die opstel van die lokaal.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Veilige Parkering
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Kroeg
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Spa-behandelinge
  • Swembad
  • Gastesitkamer
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Restaurant op Perseel
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Wildritte
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Kamerbediening
  • Ontbyt
  • Aandete
  • Aandete Op Versoek
  • Middagete

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • DVD-speler
  • Blaaibord
  • Witborde
  • Internet
  • Plek vir tot 20 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Diners-kaart
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Aries-straat 402, Waterkloof Ridge, Pretoria, 0181, Gauteng
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R4 900
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R4 900
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 18 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Aries-straat 402, Waterkloof Ridge, Pretoria, 0181, Gauteng
  • Geen kinders onder 8
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDg0MTFmMWZiLTdmODMtNDNhYi05MmFmLWU5MDc3ODZlNDA4OA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R4 900  per nag (vir 2 persone) 402 Aries Street Waterkloof Ridge 0181 Gauteng 086 999 0018 14:00-20:00 11:00 -25.785078 28.249458
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!