Cest La Vie
Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 1 Jun 2022 tot 31 Jul 2022 gemaak.
- Kapasiteit: 6 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kingfish-weg 1135, Leisure Bay, 4278, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom
-
Vanaf
R1 860R1 674 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Cest La Vie beteken "so is die lewe" en is die perfekte selfsorgvakansiehuis waar gaste in Leisure Bay, net 150 m vanaf die kuslyn kan ontspan.
Die huis is geskik vir 6 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers, 'n kombuis en 'n oopplan-eet en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed, 'n groot instapklerekas met baie spasie en 'n stylvolle en suite-stort, toilet en wasbak. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Albei hierdie kamers het lugversorging en deel 'n badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Daar is ook nog 'n gastetoilet.
Die kombuis het 'n granietblad en is vir selfsorg toegerus met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond en mikrogolfoond. Die kombuis se bedieningsluik maak oop op die eetkamer wat 'n viersitplek-etenstafel en stoele, en 'n toonbank met stoele het. Die gesellige sitarea het 'n L-vormige rusbank en 'n platskerm-TV.
Net langs die sitarea is 'n sonkamer met sitplek en stapeldeure wat heeltemal oopmaak om die see-uitsig te besigtig. Die een deel van die sonkamer lei na die hoofslaapkamer waar gaste in die bed kan sit en koffie drink terwyl hulle die uitsig geniet.
Daar is 'n onderdak-kuierarea buite met 'n ingeboude braai en sitplek.
Veilige parkeerplek is vir 2 voertuie beskikbaar. Daar is ook 'n wasgoedarea buite met 'n wasmasjien en tuimeldroër. Verder het die perseel 'n alarmstelsel met laserstraalsekuriteit en 'n daar is water- en elektrisiteit-opwekkers indien enige onderbrekings gebeur.
Slaapplek
’n Bespreking by Cest La Vie sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Ligging
- Kingfish-weg 1135, Leisure Bay, 4278, KwaZulu-Natal
Sien meer verblyf in Leisure Bay Port Edward Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 6 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kingfish-weg 1135, Leisure Bay, 4278, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom