Chateau Neuf du Cap
- Kapasiteit: 4 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Stirrup-laan 8, Houtbaai, 7870, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R3 000 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Chateau Neuf du Cap is 'n klassieke huis met 'n Franse styl in Houtbaai teen die hange van die pragtige Tafelberg. Die huis is naby verskeie besienswaardighede in en om Kaapstad en die Kaapse Skiereiland.
Die huis is in 'n Provensaalse styl gebou en bied 'n eksklusiewe woonstel op die eienaar se perseel. Die woonstel het sy eie ingang en spog met 'n pragtige uitsig op die berge, oor die see en die bekende Chapmanspiekrylaan. Die selfsorgwoonstel beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers, 'n kombuis en leefarea. Die slaapkamers het elkeen 'n koninggrootte-bed wat op versoek in 2 enkelbeddens omskep kan word. Die eerste badkamer het 'n bad en 'n stort en die tweede badkamer het 'n stort. Linne en handdoeke word voorsien.
Die kombuis is met 'n oond, stoof, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, wasmasjien, tuimeldroër, strykyster en strykplank toegerus. Satelliet-TV en WiFi is beskikbaar. Die eiendom is heeltemal omhein en het veilige parkeerplek in die dubbelmotorhuis, laserstraalsekuriteit en 24 uur-patrollie in die buurt. Die kamers lei na 'n Provensaalse binnehof waar gaste kan ontspan en die uitsig aanskou.
Chateau Neuf du Cap is 'n entjie se ry vanaf Kaapstad se middestad, Tafelberg en die V&A Waterfront al langs die bergpad wat 'n uitsig oor die Atlantiese Oseaan bied. Ander besienswaardighede sluit die Kaapse Wynlande, Kaap van Goeie Hoop, Houtbaai-hawe met visvangbote en bootvaarte na Seal-eiland, World of Birds en Kirstenbosch Botaniese Tuine in.
Slaapplek
’n Bespreking by Chateau Neuf du Cap sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- ADSL-lyn
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Masseer- en Skoonheidsterapie
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Perdry
- Voëlkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Frans
- Duits
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
Eenheidgeriewe
- Eetkamer
- Sitkamer
- Kluis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Dvd
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Ashley Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 12
Jaar gelys 11
Ligging
- Stirrup-laan 8, Houtbaai, 7870, Wes-Kaap
- Gaste dink Chateau Neuf du Cap het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Houtbaai Atlantiese Seekus Kaapstad Wes-Kaap
- Kapasiteit: 4 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Stirrup-laan 8, Houtbaai, 7870, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom