Chrizanda's 1 Bed Apartment

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Chrizanda's 1 Bed Apartment bied selfsorgverblyf in 'n woonstelgebou in Kaapstad se middestad. Die gebou is naby die konferensiesentrum (CTICC) en 'n rits ontspannings- en sakegeriewe.

Die woonstel is op die 18de verdieping en het 1 slaapkamer met 'n koninggrootte-bed, ingeboude kaste en 'n elektroniese kluis. Die en suite-badkamer het 'n bad, wasbak en toilet. Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n yskas, mikrogolf, oond en stoof, kooktoebehore, eetgerei en 'n wasmasjien.

Die sitarea langsaan het 'n etenstafel vir 4 en 'n sitkamer met 'n TV, DVD-speler en DStv Compact. Skuifdeure lei na 'n balkonnetjie met 'n uitsig oor die hawe en omgewing. Gaste het toegang tot 'n gemeenskaplike buiteswembad en gimnasium.

Die woonstelgebou het 24 uur-sekuriteit, 'n ontvangstoonbank en parkeerplek met afstandbeheer-toegang. Dis naby kuierplekke, restaurante, museums, 'n MyCiTi-bushalte en die Kunstekaap-teater, en sowat 3 km vanaf die Groenpuntstadion en V&A Waterfront.

Slaapplek

'n Bespreking by Chrizanda's 1 Bed Apartment sluit in:

1 x Koninggrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gimnasium

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Chrizanda's 1 Bed Apartment gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 700 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false