Clanwilliam Hills House and Flat
Kry 20% af. Geldig vir verblyf vanaf 8 Mei 2024 tot 30 Jun 2024.
- Kapasiteit: 2 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Floraweg 10, Ou Kaapse-weg, Clanwilliam Hills, Clanwilliam, 8135, Wes-Kaap
-
Vanaf
R750R600 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Clanwilliam Hills House and Flat bied gerieflike verblyf in 'n sekuriteitskompleks langs die Clanwilliamdam. Die eiendom bied uitsigte oor die dam en op die Sederberge en is gerieflik geleë naby die middedorp.
Die huis het slaapplek vir 4 volwassenes en 2 kinders en beskik oor 3 dubbelslaapkamers en 3 en suite-badkamers, waarvan 1 'n volledige badkamer en 2 slegs 'n stort het. Een slaapkamer het 'n koningingrootte-bed, die tweede slaapkamer 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens vir kinders. Twee slaapkamers het stapeldeure wat heeltemal oopmaak en na 'n balkon met 'n pragtige uitsig lei. Die oopplan-huis het ook 'n kombuis met 'n opwaskamer en 'n sit- en eetarea. Die huis het sekere DStv-kanale en lugversorging.
Die ateljeewoonstel het slaapplek vir 2 gaste in 'n koningingrootte-bed en het 'n badkamer met 'n stort, 'n sitarea en 'n kombuisie. Skuifdeure lei na 'n groot onderdakstoep wat ook na die gemeenskaplike plonspoel en geplaveide area lei. Gaste het toegang tot braaigeriewe. Die verblyf het 'n omsetter wat krag aan die TV en ligte voorsien tydens beurtkrag.
Clanwilliam bied 'n verskeidenheid doendinge, soos bergfietsry, visvang, voetslaan, 4x4-roetes en wynproe.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Denise Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 275
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Floraweg 10, Ou Kaapse-weg, Clanwilliam Hills, Clanwilliam, 8135, Wes-Kaap
- Gaste dink Clanwilliam Hills House and Flat het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Clanwilliam Sederberg Wes-Kaap
- Kapasiteit: 2 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Floraweg 10, Ou Kaapse-weg, Clanwilliam Hills, Clanwilliam, 8135, Wes-Kaap