Clear View Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Clear View Lodge is ideaal geskik vir groepbesprekings aangesien die hele lodge eksklusief vir jou groep bespreek word. Dit verseker u privaatheid en genot van die lokaal. Clear View Lodge is die prefekte plek vir familiefunksies, privaat- en korporatiewe funksies sowel as vir 'n wegbreek.

Ons neem 'n minimumbespreking van 15 mense per nag en bied slaapplek vir 35 mense per nag. Ons het 'n verskeidenheid verblyf-opsies.

Ons het die Owl House wat ruim en gemaklik is en slaapplek vir tot 21 mense bied. Daar is kamers met onderskeidelik 1 enkelbed, 2 enkelbeddens, 3 enkelbeddens en 4 enkelbeddens. Die 4 badkamers wissel in grootte en sluit 'n keuse van 'n bad, stort en 2 storte in. Die Owl House het 'n selfsorgkombuis wat ten volle toegerus is met oonde, yskaste, eetgerei en breekware. Dit het ook 'n eetkamer.

Daar is ook 12 My View-suites met slaapplek vir 2 gaste per kamer. Elkeen het 'n en suite-badkamer. Hulle is langs 'n houtdek geleë waar gaste die privaatheid en skouspelagtige uitsigte kan geniet. Al die beddegoed en handdoeke word voorsien. Ander geriewe sluit 'n volledig toegeruste konferensielokaal met lugversorging in.

Daar is 'n sitkamer met 'n TV en kaggel, 'n stoep in die tuin, 'n swembad en 'n braai-area. Daar is 'n dek waar gaste kan voëlkyk en die asemrowende uitsig oor die Bosveld kan bewonder. Daar is ook natuurroetes waarop gaste kan gaan wandel. Die lodge is selfsorg, maar ons kan jou ons sjef se kontakbesonderhede gee as jou groep spyseniering wil hê.

Clear View Lodge bied 'n heerlike, ontspanne wegbreek en is die perfekte plek om liggaam en gees te verkwik.

Neem asseblief kennis dat Clear View Lodge onbeperkte, vars fonteinwater het wat uit die berge kom en deur 'n boorgat voorsien word. Ons maak nie gebruik van die water uit die Hartbeespoortdam nie, so ons water is altyd vars en suiwer.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Konferensiegeriewe

Hier praat ons

  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Verekombers

Konferensie geriewe

  •  Lugversorging
  •  Witborde
  •  Plek vir tot 30 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Clear View Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R19 250 per nag (vir 35 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za