Clouds Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Clouds Guest House bied ruim, gerieflike suites in 'n rustige tuin. Die swembad en braaigeriewe dra by tot die algehele atmosfeer. Gaste kan kies tussen 'n Kontinentale- of Engelse ontbyt by dié B&B in Eversdal of gebruik maak van die selfsorggeriewe en jou eie maaltye voorberei.

Ons gastehuis bied altyd 'n hartlike en vriendelike verwelkoming!

Die kombuisies is ten volle toegerus en sluit 'n mikrogolfoond, yskas en algemene huishoudelike toebehore in, indien jy nie van die B&B-geriewe gebruik wil maak nie. Ons ateljee-, en een- of tweeslaapkamer-suites is ook toegerus met 'n TV (M-Net en DStv), 'n en suite-badkamer met bad of stort, geveerde matrasse, spesiale kussings, puik linne en handdoeke. Elke eenheid het ook sy eie tafel en stoele buitekant en 'n private braai-area.

Elke eenheid geleë in 'n rustige tuin met 'n gesellige braai-area, tafel en stoele. Daar is 'n swembad waarin jy kan afkoel gedurende die somer. Daar is ook gratis WiFi beskikbaar in die hoofeetkamer. Diegene wat altyd aan die gang is, kan altyd by ons aansluit vir 'n heerlike ontbyt. Veilige parkeerplek van die straat af is ook beskikbaar.

Clouds Guest House is uiters goed geleë in 'n rustige omgewing naby die gewilde Tygervallei Winkelsentrum en Cape Gate Mall. Dié area is lewendig, is vinnig besig om te ontwikkel, weelderig en het 'n groot verskeidenheid restaurante, teaters, hospitale, skole, ondernemings, gholfbane en ander sportgeriewe. Ons is binne maklike bereik van Kaapstad Internasionale Lughawe, V&A Waterfront, Century City, Stellenbosch, Paarl, Franschhoek en Durbanville wynroetes en sentraal tot beide oseane. Hierdie area het 'n uitstekende klimaat en is is ideaal geleë sodat al die besienswaardighede maklik bereik kan word. Kom bly in dié Kaapse gastehuis in die middelpunt van die Kaap!

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Clouds Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R700 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za