Coo-ee 3

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Coo-ee 3 is ’n selfsorgwoonstel in ’n klein kompleks in Heroldsbaai. Die gebou is oorkant die strand geleë en sowat 10 km vanaf George Lughawe.

Dié ruim woonstel word via trappe bereik en bied slaapplek aan ’n groep van 10 gaste. Daar is 5 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer, tweede en derde kamers het elk ’n dubbelbed en die vierde en vyfde kamers het 2 enkelbeddens elk. Die eerste badkamer het ’n stort en die tweede badkamer het ’n stort en bad.

Die kombuis is volledig toegerus met 2 yskaste, ’n vrieskas, mikrogolf, stoof, oond en ander toebehore. Die leefarea langsaan het ’n lieflike see-uitsig en gaste het toegang tot ’n gemeenskaplike braai-area in die klein binnehof. Parkeerplek is beskikbaar op die straat.

Die perseel is die ideale basis vanwaar gaste die omliggende besienswaardighede in dié deel van die Tuinroete kan verken, soos die Oubaai Gholflandgoed en die Garden Route Mall, om net ’n paar te noem.

Slaapplek

'n Bespreking by Coo-ee 3 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 5 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af
  •  Parkering Op Die Straat

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Coo-ee 3 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 200 per nag (plek vir 10)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false