Coral Bay
- Kapasiteit: 5 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Koraalweg 88, Bloubergstrand, Kaapstad, 7441, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 800 per nag (plek vir 5)
Beskrywing
Coral Bay is 'n selfsorgwoonstel in Bloubergstrand. Dis die ideale plekkie vir diegene wat Kaapstad of die omgewing wil verken. Blouberg is gewild vir watersport soos seilplank- en vlieërbranderry en ander doendinge soos vierwielfietsry, voetslaanroetes, inkopies en al die uiteetplekke wat naby geleë is.
Dié tweeslaapkamerwoonstel is ruim en bied slaapplek vir tot 4 mense. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer wat ingerig is met 'n stort, toilet en wasbak. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die hoofbadkamer het 'n bad, wasbak en toilet.
Die oopplan-kombuis is goed toegerus met 'n stoof-oond, yskas-vrieskas, ketel, broodrooster, mikrogolfoond, wasmasjien en skottelgoedwasser vir gaste se gebruik. Die leefarea bied gemaklike sitplek en 'n platskerm-TV teen die muur met volledige DStv-kanale om van te kies en te keur. Daar is ook 'n eetkamertafel en -stoele vir 4.
Verder, bied dié woonstel pragtige uitsigte oor die see en op Tafelberg vanuit die sitkamer en die privaat balkon. Die kompleks bied 'n gemeenskaplike braai-area wat uitkyk oor 'n parkgordel. Die woonstel is net 800 m van Blouberg se strande af, en is naby die Atlantiese Gholfbane. Dit is perfek geleë as jy uitstappies na die Boland en Weskus wil onderneem.
Slaapplek
’n Bespreking by Coral Bay sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
Aktiwiteite Naby
- Wynproe
- Swem
Hier praat ons
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Opsomming van Resensie
Ligging
- Koraalweg 88, Bloubergstrand, Kaapstad, 7441, Wes-Kaap
- Gaste dink Coral Bay het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Bloubergstrand Kaapstad Wes-Kaap
- Kapasiteit: 5 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Koraalweg 88, Bloubergstrand, Kaapstad, 7441, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom