LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Cornerstone Selfsorgeenheid | LekkeSlaap
+32

Cornerstone Selfsorgeenheid

Opsomming van Resensie

4.2 uit 5van 14 resensies vir Cornerstone Selfsorgeenheid
Netheid
4.2/5
Diens
4.2/5
Ligging
4.2/5
Veiligheid
4.2/5
Waarde vir geld
4.4/5
Ryan D - Nov 2020
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Ryan D
Enkelreisiger

Gemaklik en waarde vir geld

Goeie ontvangs. Netjies. Goeie ligging. Stil.

Natasha V - Aug 2020
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Natasha V
Enkelreisiger

Dankie vir die warm ontvangs deur Mario en sy verloofde. Plekke net wat mens nodig het, en in die middel van al die winkels en restaurante. Sal weer daar wil oorslaap in die toekoms.

Baie netjies en skoon. Baie goeie ligging en waarde vir geld.

Lizelle B - Jan 2020
Gemiddeld
Netheid
3/5
Diens
2/5
Ligging
4/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
4/5
Lizelle B

Die selfsorgeenhede is mooi en gerieflik, maar ek dink nie dit word so goed as moontlik bestuur nie. Indien 'n dame alleen daar wil bespreek, sal ek dit nie aanbeveel nie.

Redes vir my kommentaar i.v.m. die bestuur van die eenhede: Die adres op die webtuiste, die fisiese adres en die verduideliking van Mario van waar die gebou is, stem nie ooreen nie. Ons kon dus nie reguit na die selfsorgeenheid ry nie (Google Maps was dus nie effektief nie). Parkering is agter 'n veiligheidshek en dit is 'n baie belangrike vereiste, maar die gebruik van die parkering word nie goed bestuur nie. Dit het veroorsaak dat ons 23:00 nie ons motor op die regte plek kon parkeer nie en dit het daartoe gelei dat ons die volgende dag om 06:30 'n onaangename voorval met 'n bulderende buffel en sy vrou gehad het. Ons het 'n groot kamer op die webtuiste bespreek, maar ontvang toe 'n klein en beknopte kamer om in te slaap. Die klein kamer was voldoende, maar dit wat nie wat ons te wagte was nie. Die beskikbaarheid van lugverkoelers in die kamers was 'n besliste lokmiddel vir ons bespreking, maar kamer 5 s'n het gelek. Dit het snags gedrup, wat taamlik steurend was, maar dit het ook veroorsaak dat ons die handdoeke daarvoor moes gebruik en dus slegs die klein handdoekies vir persoonlike gebruik gehad het. Die kwaliteit van toiletpapier wat ons die eerste dag ontvang het, laat veel te wense. Die versoek vir nog toiletpapier, nadat die eerste rol opgebruik was, kon nie onmiddellik uitgevoer word nie. Die dame wat die eenhede diens het genoem dat Mario steeds nie op haar versoek van die vorige dag, om toiletpapier te voorsien, gereageer het nie. Die ketel in kamer 5 is nie in werkende toestand nie. Ons het ook kamer 3 gehuur en het gesamentlik van daardie kamer se ketel gebruik gemaak. By ons aankoms op Donderdag 9 Januarie, was daar 1 sakkie koffie en 1 sakkie Cremora per persoon in die kamers. Daar was geen suiker voorsien nie. 'n Tweede sakkie per persoon sou lekker gewees het om die volgende dag 'n vroegoggend koffie in die kamer te kon maak. Al die bogenoemde punte kan met beter bestuur opgelos word. Die enigste werklike probleem wat ek met Cornerstone gehad het, is dat die motors se parkering en die ingang na die selfsorgeenhede van mekaar verwyder is. Dit was nie duidelik op die webtuiste dat jy 'n ent op die sypaadjie moet loop om binne die gebou te kom nie. Vir twee dames om in die donker hierdie ent te stap was okei, maar as ek alleen daar bespreek het sou dit vir my baie ongemaklik gewees het.

Cornerstone Selfsorgeenheid's terugvoer

Beste Lizelle,
Baie dankie vir jou moeite om vir ons 'n resensie te tik. Ons is jammer dat alles nie na jou behoefte was nie, en sal ons die kritiek opbouend neem.
Ons het daardie kamer, wat effens kleiner is as die een wat julle bespreek het, juis aan jou toegeken omrede sy badkamer 'n bad asook n stort ingehad het, en dit nader aan die tweede kamer is wat jy bespreek het, maar was dit 'n oordeelsfout. Ons vra omverskoning.
Ons gee aandag aan die lugverkoeler, en bedank jou dat jy dit onder ons aandag gebring het,
Die parkering is 'n probleem, maar is ons bly om te berig dat die gebou-eienaars sopas ingestem het om die volledige gebou mooi te omhein, wat baie gaan bydrae om die parkeringsprobleem te verlig.
Ons wens jou die beste toe vir die toekoms, en vra weereens omverskoning dat alles nie na jou behoefte was nie.
Groete,
CornerStone Selfsorg.

Cornerstone Selfsorgeenheid
Genelle V - Des 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Genelle V
Saam met vriende

Baie goed, luukse verblyf, puik diens.

Verblyf was baie goed, die kamers is luuks, puik diens van personeel. Sal enige tyd weer daar bly.

Cornerstone Selfsorgeenheid's terugvoer

Baie dankie Genelle! Dit was 'n voorreg om jou by ons te verwelkom!
Sien uit om jou weer te sien!

Cornerstone Selfsorgeenheid
Lerato M - Des 2019
Gemiddeld
Netheid
1/5
Diens
2/5
Ligging
3/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
1/5
Lerato M
Enkelreisiger

Ek't al by goedkoper plekke vir minder gebly.

Die kamer is glad nie skoongemaak nie.

Dié resensie is vertaal,kliek hierom die oorspronklike weergawe te sien.

I've stayed at cheaper places for less.

Room wasn't serviced at all.

Jy lees die oorspronklike resensie,kliek hierom die vertaalde weergawe te sien.

Cornerstone Selfsorgeenheid's terugvoer

Dear Lerato,
Thank you for taking the time to do a review, and also for visiting our establishment. As our name states, we are a self-catering establishment, and daily servicing of rooms are unfortunately not part of thereof.
I am sorry that you experienced our service as poor, and also indicated that our rooms are not neat. I am sure that all was in perfect order when you arrived, but profusely apologise if this was not the case.
We wish you all the best and apologise that we did not meet your expectations.
Regards,
CornerStone Selfsorg

Cornerstone Selfsorgeenheid
Nicola B - Okt 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Nicola B
Enkelreisiger

Lekker, netjies en skoon!

Dit was skoon, netjies en die lugversorger het dit baie lekker gemaak omdat dit so warm was in Potch. Die diens was puik en ek sal weer daar bly.

Liza B - Aug 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Liza B
Enkelreisiger

Value for money.

Very safe, you go through 4 locks to get to your room. Very neat and clean room. TV worked but was not connected to anything to watch, DStv remote was there, decoder seemed like it had no power so no TV. When people speak in the hallway or kitchen it is definitely going to wake you - tiles don't absorb any sound at all so I was woken up 4:15 and 7:00 because of this. I have been staying at numerous places around the country of which all had coffee for the guests. Here are two kettles in the kitchen but no coffee. Wasn't my best stay but could not say I expected more for R350 per night.

Cornerstone Selfsorgeenheid's terugvoer

Baie dankie vir jou terugvoer Liza, dit word waardeer. al ons kamers het hulle eie ketel en word koffie voorsien. Dit blyk dat daar 'n oorsig was waarvoor ek opreg omverskoning vra. Die DSTV is wel aktief, daar moes 'n tegniese problem gewees het, en sou ons met liefde dit reggestel het as jy ons in kennis gestel het. Dit gebeur wanneer die dekodeerder nie daagliks gebruik word nie. Nietemin, dit is ons fout en vra ook daarvoor omverskoning.
Dankie vir jou besoek.

Cornerstone Selfsorgeenheid
Cornelis S - Mei 2019
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
3/5
Ligging
4/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
4/5
Cornelis S
Enkelreisiger

Swak parkeerplek, slegte aanduiding van perseel naam.

By adres gearriveer, geen perseel met naam Cornerstone te vind nie, net restaurant/kroeg. Doen navraag binne net om vertel te word dis kamers op die 1ste vloer van die gebou. Die eienaar word gebel, en hy stuur ‘n werknemer om die sleutel te bring en te verduidelik hoe alles werk. DStv word toe so uur later geaktiveer. Parkering is in ‘n lang gang met ander mense wat ná my arriveer wat my vasparkeer en gevolglik ‘n prosedure om die volgende oggend aan die gang te kom.

Moné S - Mrt 2019
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
2/5
Waarde vir geld
4/5
Moné S
Enkelreisiger

Bekostigbaar, skoon en netjies, maar stukkende toilet en geen warm water.

Cornerstone is lekker as jy net 'n plek nodig het om te slaap en nie beplan om veel tyd daar te spandeer nie. Dit is sentraal, die fasiliteite is baie skoon en netjies en die bestuur is baie vriendelik. Probleme wat ek wel ervaar het was die feit dat die toilet (wat in die muur ingebou is) heel aand lank gespoel het wat natuurlik baie steurend was. Daar was ook geen warm water toe ek die volgende oggend wou stort nie. Die parkering is 'n groot probleem, maar hulle het dit ook so verduidelik aan my en gesê dit is waarom hulle so goedkoop is. Ek voel egter dat hulle dit so moet aandui op hul aanlyn-advertering sodat gaste vooraf weet. Ek moes baie vroeg opstaan om my kar weg te trek sodat ander gaste kon uittrek, want daar is nie plek vir almal nie.

Cornerstone Selfsorgeenheid's terugvoer

Baie dankie vir jou terugvoer Mone. Ons waardeer dit. Ek is baie jammer dat ek nie bewus was van die toilet nie, en ook nie die warm water nie. Die ander gaste het ook nie die water gerapporteer nie, en sou ons definitief dringend aandag daaraan gegee het. Ek vra om verskoning vir enige ongerief.

Cornerstone Selfsorgeenheid
Janine K - Mrt 2019
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
3/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Janine K
Saam met eggenoot / lewensmaat

Oulik en netjies binne, parkering is net nie gerieflik nie.

Die kamers binne is mooi en elke kamer het sy eie yskas en ketel, dus is dit nie nodig om die gemeenskaplike kombuis te gebruik nie. Die gemeenskaplike kombuis en kuierarea maak dit wel ideaal vir 'n groot groep wat saam wil wees. Die binne-parkering is net baie min as jy nie in die straat wil parkeer nie.

Marlene M - Feb 2019
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Marlene M
Enkelreisiger

Gerieflik.

Cornerstone Selfsorgeenheid is perfek geleë vir persone wat te voet by die NWU wil uitkom. Die eenheid is netjies en gerieflik ingerig. Die algemene kombuis maak dit ook moontlik om self kos te maak.

Meliss G - Feb 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
3/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Meliss G
Enkelreisiger

Die akkommodasie was baie mooi. Sal beslis weer daar oornag.

Vriendelik, mooi, gesellig, tarief is bekostigbaar en kamer is baie mooi. Aanbeveling van 'n deur om kamer en badkamer te skei dat dit nie oop is nie.

Jennifer P - Feb 2019
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Jennifer P
Enkelreisiger

Heerlike plek om te bly.

Die eienaar het moeite gedoen. Het my by 'n ander gastehuis gaan aflaai toe als vol is en seker gemaak en kon die volgende dag terugkom. Dis naby als en in die studente-area, maar lekker stil. Sal by almal aanbeveel en terugkeer hierheen as ek weer in Potchefstroom is.

Dié resensie is vertaal,kliek hierom die oorspronklike weergawe te sien.

Lovely place to stay.

The owner went out of his way to make my stay comfortable. He dropped me at another guesthouse when everything was fully booked and made sure I could return the next day. It's close to everything and in the student area, but without the noise. I would definitely recommend it to anyone and will return if I'm ever in Potchefstroom again.

Jy lees die oorspronklike resensie,kliek hierom die vertaalde weergawe te sien.

Juve S - Feb 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Juve S
Saam met vriende

Baie vriendelike hulp en goed geleë. 10/10.

Maklik om te vind. Vriendelike hulp wat dadelik antwoord op enige SMS’e of vrae wat jy dalk mag hê.

Vanaf R650
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R650
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R650
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 9 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Molenstraat 99, Potchefstroom, 2520, Noordwes
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAmsayQEf2nD4NKBdJzQFujlBV2Yc450aKQszMs8a9LoMhp69fVl?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R650  per nag (vir 2 persone) 14 5 1 5 99 Molen Street Potchefstroom 2520 Noordwes 086 999 0018 14:00-17:00 10:00 -26.695627599891 27.09597234555
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!