Cross Roads Inn

Voeg by Gunstelinge

 

Winteraanbod 10 % af

Kry 10% af. Geldig vanaf 6 Mei 2019 tot 31 Jul 2019.

Beskrywing

Cross Roads Inn is 'n plek waar gaste vriende raak en vriende familie raak en familie is wat hierdie huis 'n tuiste maak. Dié huis is destyds ingerig as 'n veilige hawe vir sendelinge op pad terug van hulle sendingswerk in Afrika.

Die verblyf bestaan uit 35 gerieflike, stylvolle sakpaskamers met en suite-kamers en alles wat reisigers nodig sal hê. Uit die 35 kamers het 3 dubbelbeddens en 32 kamers het elk 'n koninggrootte-bed wat in 2 enkelbeddens omskep kan word. Uit dié 32 kamers is daar 5 kamers wat elk slaapplek vir 3 tot 4 gaste het, so dit is ideaale vir gesinne. Geriewe in die kamer sluit 'n TV met sekere DStv-kanale, WiFi-toegang, 'n yskassie en koffie- en teemaakgeriewe in. Waaiers en/of elektriese kombers, skoon linne en handdoeke en gehaltematrasse word voorsien. Al die kamers is op die groot, rustige perseel geleë en is omring deur lowerryke tuine met tuinmeubels onder skadubome met 'n volop voëllewe.

Ons het ook 'n baie private kamer langs die sitarea op die tweede verdieping. Hierdie kamer het 'n ruim badkamer met 'n groot hoekbad en dit is perfek as 'n wittebroodsuite. Die lowerryke tuine kan ook gebruik word vir informele troufoto's. 'n Mandjie vol lekkernye en vonkelwyn kan voorsien word vir wittebroodspaartjies of bruidspaartjies wat in hierdie kamer bly. Ons is oop vir versoeke en sal elke poging jou spesiale dag onvergeetlik te maak.

'n Volledige Engelse ontbyt, aandete en piekniekmandjies/verpakte etes is as 'n opsionele ekstra beskikbaar. Ons het ook braaigeriewe en jy kan gerus jou eie bottel wyn of drankies saambring om smiddae in ons rustige tuin te geniet aangesien ons nie 'n dranklisensie het nie.

Cross Roads Inn is 'n lieflike, rustige plek in 'n veilige omgewing met gratis, veilige parkeerplek op die perseel wat slegs met 'n afstandbeheer vas aan jou kamersleutel oopgemaak kan word.

Die gastehuis het die ideale ligging naby Potch Dam, Gymnasium Hoërskool, Hockey Academy, Fanie du Toit Universiteitsportgronde, die universiteit se Hoëprestasiesentrum, Noordwes Krieketstadion, NWu en verskeie koshuise, die Sanlam Auditorium, Aardklop, Medicross, Mooirivier Mall en die McArthur Atletiek- en Olienpark Rugbystadion. Alles is minder as 10 minute se ry weg. Dit is ook gerieflik naby die N12 en die meeste hoofpaaie na Potchefstroom en naby die meeste winkelsentrums, restaurate, kitskosrestaurante en die middestad.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Swem
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  24-uur Ontvangs
  •  Braaiplek
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensie geriewe

  •  Dataprojektor
  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Skuifie-projektor
  •  Plek vir tot 30 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Cross Roads Inn gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R600 R540 per nag (vir 2 mense)

Kry 10% af. Geldig vanaf 6 Mei 2019 tot 31 Jul 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za