Cul-de-sac Gastehuis

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Cul-de-sac Gastehuis is in 'n stil woonbuurt in Potchefstroom geleë.

Die gastehuis bied verblyf in 3 kamers wat uniek ingerig en versier is. Die kamers bevat dubbel-, enkel- en/of koninggrootte-beddens.

Kamer 1 is ruim met 'n lugversorger; het 'n en-suite badkamer met bad en stort en yskassie met ketel en koffie/teemaak geriewe.

Kamer 3 met slegs 'n waaier, en Kamer 5 met lugversorging, is selfsorgeenhede. Elkeen het 'n privaat en suite-badkamer met 'n stort. Daar is ook 'n kombuisie met dubbel wasbakke, mikrogolf, tweeplaatstoof, oond, potte, eetgerei, yskas, ketel met koffie- en teemaakgeriewe

Daar is 'n TV met sekere DStv-kanale in alle kamers.

Gaste kan gebruik maak van die gemeenskaplike swembad. Ontbyt is op versoek en teen ekstra koste beskikbaar.

Cul-de-sac Gastehuis is binne 2 km vanaf Noordwes Universiteit, alle sportvelde, alle Hoërskole en Laerskole, Mooirivier Mall en die West Acres-kompleks geleë.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad

Geriewe

  •  Swembad

Hier praat ons

  •  Afrikaans

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Cul-de-sac Gastehuis gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R650 per nag (plek vir 3)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za