Da Capo

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Da Capo bied gerieflike verblyf in 'n gastehuis op die grens van 'n natuurreservaat in Bettysbaai. Dié gastehuis is 'n gemaklike stapafstand vanaf die Silver Sands-strand.

Da Capo het 3 dubbelkamers wat 'n volle badkamer deel en 1 en suite-dubbelkamer op die grondvloer. DStv en WiFi is ingesluit. Die gastehuis het 'n swembad, 'n tuin, braaigeriewe, 'n kaggel en parkeerplek op die perseel. Die kombuis is ten volle toegerus met 'n yskas, gasstoof en mikrogolfoond. Die hele grondvloer kan ook as 'n geheel verhuur word.

De Capo is sowat 6 km vanaf die Harold Porter Nasionale Botaniese Tuin en die Stony Point-pikkewynkolonie. Daar is tientalle doendinge in die omgewing, soos voetslaan en sandplankry.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Da Capo gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R800 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]