Damascus Bush And Mountain View Lodge Cyclist Retreat

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Damascus Bush and Mountain View Lodge is aan die voet van 'n 3000-miljoen jaar oue kwartsietberg, beter bekend as die Magaliesberge geleë. Hierdie private, luukse lodge is langs die suidelike deel van 'n ou bergreeks met kwartsiet-hange wat met pragtige natuurtonele spog.

Dit is slegs 5 kilometer vanaf die baie gewilde toeristedorp Hartbeespoort. Die Wieg van die Mensdom en Sun City is net 'n paar uur se ry en dit maak hierdie lodge die voorkeurbestemming vir diegene wat Noordwes wil besoek. Dit is net 'n uur se ry van Johannesburg af en bied privaatheid, ontspanning, rustigheid en gemoedsrus in die ongerepte grasvelde.

Damascus Bush and Mountain View Lodge biedluukse verblyf met 6 en suite-kamers, elkeen ontwerp om die maksimum privaatheid te bied. Te danke aan die ruim selfsorgkombuis, aparte snoesige boma-area, swembadjie, 100 jaar oue bloekombome en buitelugstorte kan gaste lekker ontspan. Bergfietsryers het meer as 100 km se paaie in en om die omliggende plase om te verken. Damascus Lodge sorg vir bergfietsryers en bied groep-fietsrypakkette. Met gesondheidspakkies as geskenke en sportmasserings (op versoek) wag 'n heerliketuiskoms op jou na elke rit.

Die naam "Damascus" reflekteer 'n hernuwende ervaring en die lodge is ontwerp met dit as 'n argitekturele inspirasie. Die staal, ysterklip en 'n diversiteit van natuurlike materiale van die binne- en buite-ontwerp bied juis dít aan die besoeker. Hier sal die tyd jou ontglip te danke aan die lowerryke natuur, ruimte en uiterste stilte in die omgewing met slegs die natuur se geluide in die agtergrond.

Vir die avontuurvraat is die aktiwiteite eindeloos: Daar is die Magalies Boomtoptoere, Bill Harrops Ballonsafari's, Olifantbewaararea, Renoster en Leeu Natuurreservaat, Pilanesberg Nasionale Park, Predator Park, De Wildt Jagluiperdplaas, Nagapie bewaararea, perdry en vierwielmotorfietsry, bootvaarte op die Hartbeespoortdam, en meer as vyf gholfbane binne 'n radius van 50 km.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Skoonheidskliniek
  •  Spa-behandelinge
  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Masseer- en Skoonheidsterapie
  •  Nagportier
  •  Restaurant op Perseel
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Middagete
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Piekniek-middagete
  •  Tee
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Damascus Bush And Mountain View Lodge Cyclist Retreat gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R980 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]