Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Dana Baai Huis

Selfsorg

Jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.

4/5

Christine Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 2

Jaar gelys 6

Opsomming van Resensie

4 uit 5van 2 resensies vir Dana Baai Huis
Netheid
4.5/5
Diens
3.5/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
4.5/5
Waarde vir geld
3.0/5
Lezelle V - Jan 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
3/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
2/5
Lezelle V
Saam met eggenoot / lewensmaat

Uitsig vanaf eetkamer/sitkamer asemrowend. Baie naby strand geleë. Stil straat. Alles was baie mooi en skoon. Maar. Boonste en onderste deel van huis deel een ingang wat ongemaklik is.

Onderste hoofslaapkamer-ingang is oorkant gedeelde (bo en onder) ingang en apart van res van onderste deel van huis. Die uitsig is wel pragtig en kamer is baie groot met moderne badkamers. Baie, baie ongemaklik om by res van onderste deel van huis uit te kom. Kombuis is in 2 gedeel en altwee loop direk in badkamers in. Die uitsig vanaf sitkamer/eetkamer is asemrowend en die feit dat dit naby die strand is, is 'n wenner. Pragtige, stil straat. Maar die uitleg van onderste deel is uiters swak beplan en was 'n nagmerrie vir ons gewees. Die ingang na die huis word gedeel met boonste familie en hulle (bo) het geen deur nie (net traliehek) so daar is geen privaatheid nie en dis uiters ongemaklik veral die feit dat die onderste hoofslaapkamer se deur oorkant die ingang is. So jy moet eers uit jou kamer loer of iemand op die trappe is en dan gou oorgaan na die onderste deel oorkant die gang. As jy klein kinders het sal hul nie by hul ouers kan uitkom nie. Hoofslaapkamer is wel baie groot en het 'n baie mooi uitsig met 'n moderne badkamer. Die middelste kamer (wat vir seker die eetkamer was wat 'n bed gekry het) gee toegang tot die kombuis en met volwasse familie in die middelkamer moet jy wag tot hulle opstaan om koffie te maak. Die kombuis was 'n nagmerrie, dis in 2 gedeel en voldoende maar altwee dele loop in 2 badkamers in. As ek kosmaak op die stoof kan ek terugtreë en die toilet trek. In die tweede deel kan ek skottelgoed in die wasbak pak, terugtreë en die toilet trek. Dit was ongelooflik, bitterlik sleg. Die braai/klein put kan alleenlik bereik word deur die 3de kamer. So jy moet heeltyd deur die kamer loop braai toe en terug en as jy eetkamertafel toe wil gaan moet jy deur 2 kamers stap om by die eetkamertafel uit te kom. Middelste "kamer" was seker die eetkamer en werk nie met volwasse kinders nie. Geen privaatheid nie. Daar was gesê 3 kamers en ek het herhaaldelik gevra is daar 3 kamers omdat ek volwasse kinders het wat hou van hul privaatheid en selfs die eienaar het gesê ja. Maar daar is eintlik net 2 kamers. 1 kamer apart van onderste deel oorkant die gang en 1 kamer heel agter, want die middelste een is eintlik die eetkamer en het absoluut geen privaatheid nie. Vir die prys wat ons betaal het was dit glad nie die moeite werd nie. As ons geweet het die uitleg - kombuis, badkamers, middelkamer, braai, (eintlik net 'n klein put), hoofslaapkamer apart, sou ons dit nooit gevat het nie en nie soveel geld betaal het nie. Foto's is soos op web geadverteer gewees, ja, maar dit is bitterlik bedrieglik geneem, want ons het vir 3 kamers gevra juis oor privaatheid en die middelste kamer/eetkamer het geen privaatheid nie. Jy moet deur die kamer stap om by kombuis of braai uit te kom. Baie ongelukkig gewees met huis. Uitsig en naby strand was wel fantasties gewees.

  Nuttig  (2)
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Hetmarie V - Des 2022
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Hetmarie V

Heerlike ruim en gerieflike huis, ideaal vir familie en lekker kuiers. Pragtige uitsig.

Volledig toegerus. Sal wifi aanbeveel vir gaste.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Vanaf R5 000
R5 000 R4 500
per nag (plek vir 8)
Vanaf R5 000
R5 000 R4 500
per nag (plek vir 8)
Vanaf R5 000
R5 000 R4 500
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 15 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Nutansstraat 19, Dannabaai, 6500, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA4LGIN214V2koPuZ6qvX5moZF9oOqpeYYemGYS8rP7aGUGO7mCh?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R5 000 nouVanaf R4 500 per nag (plek vir 8) 2 5 1 4 19 Nutans Street Dana Bay 6500 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.205217 22.037564
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem