DanaBydieC

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

DanaBydieC bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n enkelwoonstel in Danabaai wat sowat 10 minute van Mosselbaai af is.

Dié woonstel het 'n slaapkamerarea met 'n dubbelbed, 'n badkamer en 'n oopplan-kombuisie en -leefarea. Gaste kan die uitsig oor die see in die verte van die balkon af bewonder. Die ten volle toegeruste kombuisie het 'n yskas, stoof, oond en 'n mikrogolf en die leefarea het 'n TV en 'n enkelslaapbank vir 'n derde gas. Gaste het ook toegang tot veilige kelderparkeerplek.

Die woonstel is sentraal geleë en stapafstand van 'n kruidenierswinkel en eetplekke af. Danabaai se strand is sowat 5 km daarvandaan en Mosselbaai se Diaz-strand is sowat 15 minute se ry.

Slaapplek

'n Bespreking by DanaBydieC sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Area 1 - Huisves 1 persoon
1 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Dienste

  •  Koordlose Internet

Ekstras

  •  Tee en Koffie Skinkbord

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na DanaBydieC gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R690 per nag (plek vir 3)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za