De Kleine Herberg
- Kapasiteit: 2 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Uintjie-keeromstraat 14, Vierlanden, Durbanville, 7550, Wes-Kaap
- Vanaf R1 100 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
De Kleine Herberg is 'n selfsorg-eenheid in Vierlanden in Durbanville. Die omgewing was oorspronklik die spilpunt van vroeë ontdekkingreisigers en is nou 'n prentjiemooi gegoede gebied in die Noordelike Voorstede van Kaapstad. Dit is ideaal vir sakereisigers en vakansiegangers.
Die kothuis het 1 dubbelkamer met 'n koningingrootte-bed wat oorgetrek is met gehalte linne, 'n volledige en suite-badkamer met 'n bad en aparte stort, 'n leefarea met 'n dubbelslaapbank en 'n TV met sekere DStv-kanale. Daar is ook 'n eetarea met 'n etenstafel met sitplek vir 4, en 'n kombuis wat toegerus is met 'n yskas, mikrogolfoond, oond met 'n vierplaatstoof, broodrooster, elektriese ketel, eetgerei en breekware. Vir ekstra gerief is 'n wasmasjien, strykyster en strykplank en WiFi ook beskikbaar.
Buite is daar parkeerplek van die straat af en braaigeriewe. Braaipakke, slaaie en souse kan voorsien word mits dit voor die tyd gereël word.
Durbanville bied 'n verskeidenheid uitstekende restaurante en koffiewinkels. Die bestuur sal jou graag raad gee en besprekings namens jou maak. Nabygeleë besienswaardighede sluit in: Tygervallei-winkelsentrum, Durbanville-wynroete, Durbanville Privaat Hospitaal, Durbanville Gholfbaan en Durbanville Natuurreservaat.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- ADSL-lyn
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Groot 5
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
- Seep
- Toiletware
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Eetkamer
- Verekombers
- Elektriese kombers
- Waaier
- Klein kombuis
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Amanda Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 55
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- Uintjie-keeromstraat 14, Vierlanden, Durbanville, 7550, Wes-Kaap
- Gaste dink De Kleine Herberg het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Durbanville Noordelike Voorstede Kaapstad Wes-Kaap
- Kapasiteit: 2 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Uintjie-keeromstraat 14, Vierlanden, Durbanville, 7550, Wes-Kaap