LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by De Rust Boutique Backpackers | LekkeSlaap
+15

De Rust Boutique Backpackers

22 resensies
Rugsakreisigerslosies
  • Kapasiteit: 16 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Schoemanstraat 43, De Rust, 6650, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R450 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

De Rust Boutique Backpackers is geleë in De Rust in die Klein-Karoo-vallei, tussen Kammanassie en die Swartberge. Ontsagwekkende berge hou wag oor hierdie pragtige dorpie waar besoekers heerlik swem by watervalle en etes nuttig by fantastiese eetplekkies.

De Rust Boutique Backpackers is 'n groot huis wat stapafstand geleë is vanaf die restaurante, kunsgalerye en winkels. Daar is 'n ruim kombuis wat goed ingerig is met alles wat jy benodig vir selfsorg. Verder is daar ook 'n gemeenskaplike sitkamer, eetkamer en buite-areas met braaigeriewe.

Die huis het 8 slaapkamers met slaapplek vir 16 gaste. Daar is 3 dubbelkamers met en suite-badkamers (een van die kamers het 2 enkelbeddens), 1 dubbelkamer sonder 'n en suite-badkamer, een 2-enkelbedkamer sonder 'n en suite-badkamer, en 'n gesin-suite wat bestaan uit 2 kamers wat geskei word deur 'n badkamers (die eerste kamer het 'n dubbelbed en 'n enkelbed, en daar is 2 enkelbeddens in die tweede kamer). Al die kamers het gerieflike matrasse en puik, wit linne word voorsien.

Gemeenskaplike geriewe: 'n ruim kombuis, sitkamer en eetkamer, braaigeriewe, swembad, kroeg en 'n pooltafel. Daar is ook veilige parkeerplek van die straat af.

De Rust is ideaal vir besoekers wat op soek is na 'n rustige tydjie in die platteland of grondpadpret. Dit is perfek vir diegene wat hierdie interessante deel van Suid-Afrika wil verken.

Gaan verken gerus die Swartbegpas, Meiringspoortkloof, staproetes in die berg, fietrypaaie, die Kangogrotte, en die krokodil- en volstruisplase. Vrydagaande is legendaries by die kroeg, Die Kaalgat Kudu, danksy heerlike pizzas, koue bier, goeie musiek en 'n fantastiese atmosfeer.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Rolstoelvriendelik
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Kroeg
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Restaurant op Perseel
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Rolstoelvriendelik
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Baarshengel
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Duits

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

3.8 uit 5van 22 resensies vir De Rust Boutique Backpackers
Netheid
3.9/5
Diens
3.6/5
Ligging
4.0/5
Veiligheid
3.7/5
Waarde vir geld
3.8/5

Ligging

  • Schoemanstraat 43, De Rust, 6650, Wes-Kaap
  • Gaste dink De Rust Boutique Backpackers het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R450
per nag (plek vir 2)
Vanaf R450
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 16 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Schoemanstraat 43, De Rust, 6650, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDY2OTI1MDI1LTlkMjAtNDBkOS1iMTg3LTUzNWM4MGFjNGRlYg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R450  per nag (plek vir 2) 22 5 1 4 43 Schoeman Street De Rust 6650 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-23:00 10:00 -33.490363545309 22.532022893429
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!