De Rust Village Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

De Rust Village Cottage is 'n bekoorlike kothuis wat sowat 150 jaar oud is met dik rousteenmure. Dié ongekunstelde, eenvoudige tuiste is baie privaat en bied 'n ongewone, rustige wegbreek aan die buitewyke van die dorpie langs die begraafplaas.

Die kothuis het slaapplek vir 4 gaste. Die klein hoofslaapkamer het 'n dubbelbed, lessenaar, biblioteek en rakke. Die tweede slaapkamer is baie klein en beskik oor 'n enkelbed. Daar is 'n derde enkelbed in die sitkamer. Die badkamer het 'n bad, toilet, wasbak en wasmasjien.

Die kombuis is toegerus met 2 gasplate, 'n elektriese oondjie, 'n yskas en al die kombuisware wat gaste sal nodig kry gedurende hul verblyf. In die sitkamer is daar 3 leunstoele en 'n TV met Openview-kanale en 'n DVD-speler. Daar is 'n vierde leunstoel in die Dover-stoofkamer langs die kombuis. WiFi is beskikbaar.

Buite is daar 'n onderdakstoep wat Noord front en as 'n ekstra leefarea dien met 2 dagbeddens en 'n groot etenstafel naby die braai-area. Buite aan die agterkant van die huis is 'n baie eenvoudige toilet en 'n oop stort met 'n sonkrag-geiser. Daar is kruie n groente in die tuin waarvan gaste gerus gebruik kan maak en 'n motorafdak langs die kothuis vir die motor.

Dit kan baie warm raak in De Rust gedurende die somermaande, maar die kothuis se dik mure verseker dat die kothuis heeldag koel bly. Gaste kan ook lekker in die swembad afkoel.

Slaapplek

'n Bespreking by De Rust Village Cottage sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 1 persoon
1 x Enkelbed / Driekwartbed

Area 1 - Huisves 1 persoon
1 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier
  •  Sitkamer

Maaltye Aangebied

  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  DVD
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na De Rust Village Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 000 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za