Delarey Farmstay

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Delarey Farmstay is net 'n entjie van die R315 geleë, net 5 km buite Yzerfontein en etlike minute van die see af. Yzerfontein se unieke 16 Myl-strand is die langste, onversteurde strand op die Suid-Afrikaanse kuslyn, en strek tot by die Weskus Nasionale Park naby Langebaan. Delarey Farmstay is ook gerieflik geleë, 'n uur se ry van Kaapstad op die R27.

Hierdie opstal het 3 ruim slaapkamers met dubbelbeddens, 'n kamer met 4 enkelbeddens en 2 badkamers. Beddegoed en handdoeke word voorsien. Die volledig toegeruste kombuis het 'n yskas, stoof, mikrogolfoond, kombuistoebehore, eetgerei en breekware. Gaste het toegang tot 'n eetkamer, sitkamer, DStv en 'n ingeboude braai.

Die woonstel het 1 slaapkamer met 'n dubbelbed, en daar is ekstra beddens in die leefarea. Die kombuis het 'n yskas, mikrogolfoond, kombuistoebehore, breekware en eetgerei. Gaste het toegang tot 'n sitkamer en 'n ingeboude braaier. Beddegoed en handdoeke word voorsien.

Let wel: oor naweke en langnaweke vereis ons 'n minimumverblyftydperk van 2 nagte.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Maaltye Aangebied

  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Delarey Farmstay gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R4 400 per nag (plek vir 10)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za