Die Anker Guesthouse
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.2/5
Reynel Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 114
Op LekkeSlaap 4 jaar
Opsomming van Resensie
Nazley J - Apr 2024
Algehele gradering
Warm and welcoming.
Charmaine N - Apr 2024
Algehele gradering
Lieflike verblyf en verlief op die klein dorpie!
Andre D - Mrt 2024
Algehele gradering
Fantasties.
Gerna H - Feb 2024
Algehele gradering
Baie lekker.
Morne H - Feb 2024
Algehele gradering
Baie baie lekker gebly. Sou meer dae wou bly.
Christo S - Feb 2024
Algehele gradering
Onaangenaam.
Rudi N - Jan 2024
Algehele gradering
Lekker gerus.
Riaan F - Des 2023
Algehele gradering
Stil, rustig met onverbeterlike see uitsig.
Angie V - Des 2023
Algehele gradering
Baie lekker gekuier.
Erwin L - Des 2023
Algehele gradering
Basics.
Newton W - Des 2023
Algehele gradering
Lekker gebly.
Edgar E - Des 2023
Algehele gradering
Baie lekker.
Angie M - Nov 2023
Algehele gradering
Very relaxed environment.
Mienke B - Okt 2023
Algehele gradering
Ons het die naweek baie geniet en ons het lekker gekuier.
Danelene M - Sep 2023
Algehele gradering
Beste uitsig oor die Weskus uit jou slaapkamer.
Ronel W - Sep 2023
Algehele gradering
Rustig met mooi uitsig.
Thelma O - Sep 2023
Algehele gradering
Goeie potensiaal maar verg 'n bietjie aandag.
Lees meerDavid P - Sep 2023
Algehele gradering
A very comfortable stay.
Angus H - Sep 2023
Algehele gradering
Superb position and sea view, comfortable bed, appreciated backup power for TV (loadshedding).
Anonieme gas - Aug 2023
Algehele gradering
Pieter V - Aug 2023
Algehele gradering
Rustig, vredevol!
Anonieme gas - Aug 2023
Algehele gradering
Patricia D - Aug 2023
Algehele gradering
Verblyf is basies, maar die uitsig maak beslis op vir enige tekortkominge!
Adrienne T - Aug 2023
Algehele gradering
Heerlik gebly. Kamers bied alles wat jy nodig het en wat hulle adverteer het.
Anton G - Aug 2023
Algehele gradering
Alles wat nodig is.
Johann S - Jul 2023
Algehele gradering
Pragtige uitsig en rustig.
Janske N - Jul 2023
Algehele gradering
Nice place, great view.
Lees meerGerrit S - Mei 2023
Algehele gradering
Rustige verblyf in 'n rustige mooi omgewing.
Carina S - Mei 2023
Algehele gradering
Wonderlike uitsig en lekker maklike voetpadjies.
Micheal B - Apr 2023
Algehele gradering
Baie netjies en baie goeie area en uitsig.
André B - Apr 2023
Algehele gradering
Pragtige uitsig, goed geleë.
Walter V - Apr 2023
Algehele gradering
Baie aangenaam.
Hans B - Feb 2023
Algehele gradering
Heel lekker, dankie.
Wj V - Jan 2023
Algehele gradering
Mense vriendellik en het baie lekker geëet by The Cabin.
Louis D - Jan 2023
Algehele gradering
Vriendelike en hulpvaardige personeel, gepaard met 'n uitstekende ligging, het ons verblyf uiters aangenaam gemaak.
Anton S - Jan 2023
Algehele gradering
Was fantasties, goeie ligging, goeie plek, ek kan nie fout vind nie.
Enrica C - Jan 2023
Algehele gradering
Baie lekker.
Yvonne V - Des 2022
Algehele gradering
Die kamer se ligging is regtig fantasties!
Adri K - Nov 2022
Algehele gradering
Baie lekker.
Linda G - Sep 2022
Algehele gradering
Baie gerieflik.
Rina V - Sep 2022
Algehele gradering
Alles was goed.
Carol C - Aug 2022
Algehele gradering
Stunning view.
Riana B - Aug 2022
Algehele gradering
Baie lekker, ruim en gerieflik.
Helena B - Aug 2022
Algehele gradering
Pragtige uitsig vanaf stoep en gerieflike slaaparea.
Johan B - Aug 2022
Algehele gradering
Ligging is uitstekend met uitsig oor die see. Kamer was baie netjies.
Bennie B - Aug 2022
Algehele gradering
Ontspanne atmosfeer.
Anonieme gas - Jul 2022
Algehele gradering
Paula P - Jun 2022
Algehele gradering
Die ligging voor op die see is lieflik.
Raymond D - Jun 2022
Algehele gradering
Lieflike, rustige plek by see.
Maritza V - Jun 2022
Algehele gradering
Rustig.
Johann S - Apr 2022
Algehele gradering
Rustige, beeldskone omgewing.
Rensche V - Apr 2022
Algehele gradering
Vriendelike, rustige plekkie.
Petra V - Feb 2022
Algehele gradering
Netjies skoon stil.
Louis V - Feb 2022
Algehele gradering
Snoekie is lekker stil vir 'n getroude paar.
Andries S - Jan 2022
Algehele gradering
Baie lekker gebly met 'n baie mooi uitsig oor die see en die hawe.
Gerhard B - Jan 2022
Algehele gradering
Baie teleurstellend.
Lees meerLeoni J - Jan 2022
Algehele gradering
Pragtige uitsig.
Eunice D - Jan 2022
Algehele gradering
Very nice and pleasant.
Nadia J - Des 2021
Algehele gradering
Heerlike verblyf.
Nick Y - Des 2021
Algehele gradering
Compact, private and conveniently located self-catering stay.
Eunice D - Okt 2021
Algehele gradering
It was wondeful and peaceful
Francois V - Okt 2021
Algehele gradering
Sal net vir een aand se slaap dit doen.
Hennie M - Sep 2021
Algehele gradering
Was heerlik.
Johan S - Sep 2021
Algehele gradering
Baie lekker gekuier, plekkie het 'n uitstekende ligging en 'n pragtige uitsig oor die see.
Brian R - Sep 2021
Algehele gradering
Stayed overnight on an extended trip upcountry.
Lees meerElize P - Sep 2021
Algehele gradering
Stil en rustig
Sheila F - Sep 2021
Algehele gradering
It was great!
Andre S - Sep 2021
Algehele gradering
Lekker stil en ontspanne.
Marié D - Sep 2021
Algehele gradering
Vriendelike ontvangs deur Thea. Kamer het alles in wat jy nodig het.
Christian V - Sep 2021
Algehele gradering
Heerlik oornag.
Aj (riaan) L - Sep 2021
Algehele gradering
Lekker gebly met baie spasie.
Heather M - Sep 2021
Algehele gradering
Wasn't the best, but clean and fine for a couple of nights.
Judith D - Aug 2021
Algehele gradering
Die ligging is onverbeterlik, wat aanbeveel kan word! Gastehuis kom bietjie vervalle voor.
Hennie S - Aug 2021
Algehele gradering
Net een nag oorgeslaap.
Marius V - Aug 2021
Algehele gradering
Baie lekker gewees.
Beatrix R - Aug 2021
Algehele gradering
Ons het in Doringbaai bespreek om omliggende area te sien.
Maria K - Apr 2021
Algehele gradering
Baie goed.
Eliz-mari W - Mrt 2021
Algehele gradering
Heerlike rusplek met beste see-uitsig
Erica W - Mrt 2021
Algehele gradering
Absolutely loved our stay.
Mienie M - Mrt 2021
Algehele gradering
Kan beter.
Hendrik Jacobus V - Des 2020
Algehele gradering
Baie lekker blyplek, selfs vir 'n paar dae.
Franco V - Nov 2020
Algehele gradering
Baie lekker gebly!
Andre R - Okt 2020
Algehele gradering
Gesellige en vriendelike atmosfeer.
Johan H - Okt 2020
Algehele gradering
Salige, rustige uitspan in asemberowende natuuskoon.
Lees meerValentino S - Sep 2020
Algehele gradering
Uitstekend.
Die Anker Guesthouse se terugvoer
Thanks so much for the lovely review and high star ratings and for treating our property with respect. We hope to see you again sometime.
Barbara H - Sep 2020
Algehele gradering
Lovely stay in clean spacious room. Had everything we needed and checking in and out was smooth.
Carina U - Sep 2020
Algehele gradering
Gastehuis is heerlik vir oornagverblyf en Weskus-vriendelikheid.
Elzabe D - Sep 2020
Algehele gradering
Baie lekker plek. Lekker gekuier.
Maryke T - Sep 2020
Algehele gradering
Baie lekker gekuier.
Billy D - Sep 2020
Algehele gradering
Lekker rustig.
Francois S - Aug 2020
Algehele gradering
Nee wat - die plek kort heelwat opknapping. Sal dit nie aanbeveel. Ry verby 'n paar kilometer na Strandfontein.
Die Anker Guesthouse se terugvoer
Goeie dag Frans,
Dankie vir jou resensie.
Ek waardeer dat jy tyd geneem het om die na vore te bring en ek stem saam dat die plekkie opknapping kort. Ons is reeds besig daarmee.
Dit is vir my sleg om te sien dat jy customer service, value for money, en cleanliness so laag sterre gegee het, want dit is ons mikpunt om altyd ons gaste vriendelik te hanteer en welkom te laat voel. Ek voel dat ons eenheid definitief waarde vir geld is en die eenheid is toegerus met platskerm TV met Netflix, SABC 1, 2/3, E-tv en DStv Sport. Ons het ook gratis onbeperkte Wifi en is toegerus dat u tydens beurtkrag die wifi en televisie kan gebruik en ook fone laai en 'n lig het wat werk. Ons probeer ook baie hard om die plekkie altyd skoon te hou en ek wens jy kon vir ons verder verduidelik hoe ons die kon verbeter. Ek wil net onder u aandag bring dat ons restaurant nie permanent toe is nie, maar dit was tydelik toe gemaak weens COVID19. Ons het verkies om langer te wag voordat ons weer oopmaak omdat ons omgee vir ons gaste en hul gesondheid asook ons eie gesondheid. U het nie 'n bespreking vir ete by ons gemaak nie maar 'n selfsorgeenheid vir een aand bespreek. Sou u vooraf bespreek het vir ete sou u ingelig gewees het. Ons het 'n reeling met 'n restaurant minder as 100 meter van ons af dat ons gaste na hulle verwys en ons het u by aankoms daarvan ingelig indien u wel sou wou uiteet in plaas van vir uself sorg.
Heloise S - Aug 2020
Algehele gradering
Eenvoudig, maar skoon en netjies. Dit was vrek koud en die water was warm en die beddens sag en skoon. Alles was daar wat ons nodig gehad het, tot WiFi.
Ruby B - Aug 2020
Algehele gradering
Pragtige uitsig
Gertruida V - Aug 2020
Algehele gradering
Sal Die Anker beslis aanbeveel.
Lees meerDie Anker Guesthouse se terugvoer
Baie dankie vir die terugvoer op die verblyf en dat u ons wel aanbeveel en die ster-gradering regverdig gedoen het.
Beurtkrag is 'n baie onaangename situasie vir gastehuiseienaars. Ons het "inverters" (die swart boks met batterye) wat outomaties aan gaan wanneer die munisipaliteit beurtkrag aktiveer. Daar is geen instruksies of aanduidings nie omdat u niks moet doen nie, behalwe om die lampie wat aan die inverter gekoppel is aan te skakel indien beurtkrag plaasvind nadat dit reeds donker is.
In vorige gevalle waar die stelsel nie outomaties gebeur het nie het die gaste die stelsel afgeskakel by die muurprop sonder dat hulle besef het wat hulle alles afgeskakel het.
Ons besef daardie tegnologie is vreemd vir iemand wat nie voorheen daarmee te doen gehad het nie en vra om verskoning as ons kommunikasie met u gebrekkig was. Indien die stelsel werk soos dit hoort sal die televisie, Wi-fi, selfoonlaaiers en een lig steeds werk gedurende beurtkrag.
Baie dankie dat u hierdie kwessie opgehaal het, want nou kan ons, ons kommunikasie met ons gaste ten opsigte van beurtkrag verbeter.
Johan R - Mrt 2020
Algehele gradering
Great.
Johan A - Mrt 2020
Algehele gradering
Dit was vir ons 'n absolute blast om daar te kuier.
Johan M - Mrt 2020
Algehele gradering
Pragtige uitsig en uitstekende ligging.
Francois D - Mrt 2020
Algehele gradering
Heerlike, rustige oornag met die seegeluide as agtergrondmusiek.
Johan S - Feb 2020
Algehele gradering
Idilliese kuier.
Dries B - Jan 2020
Algehele gradering
Lekker gebly. Hulle kos was fantasies!
Lance O - Jan 2020
Algehele gradering
Baie lekker en stil.
Chrizette N - Des 2019
Algehele gradering
Fantastiese see wegkom plekkie.
Alta C - Des 2019
Algehele gradering
Vir die reisiger wat van die gewoel wil ontsnap.
Die Anker Guesthouse se terugvoer
Baie dankie vir die mooi resensie. Dit is 'n plesier om aangename gaste hier te ontvang, kom gerus weer.
Willem N - Des 2019
Algehele gradering
Matrasse is uiters swak. Net materiaal oor 'n klomp springs. Baie sleg geslaap in die Bamboesie SC.
Die Anker Guesthouse se terugvoer
Ek sien dat u dit nodig geag het om 'n tweede resensie te gee vir die ekstra dag wat u bespreek het en ek wonder hoekom u vir 'n tweede dag bespreek het nadat u so sleg geslaap het.
Ek het vollledig terugvoer oor die matras situasie gegee by u eerste resensie. In hierdie resensie noem u dat die matras "net materiaal oor 'n klomp springs" is. Miskien is u deurmekaar met ‘n ander gastehuis want ons het nie sulke matrasse nie.
Mop, besem en skoppie, ek wil darem net noem sodat ander gaste nie onder ‘n wanindruk verkeer nie. Die deur waar agter genoemde items gebere is, is die deur tussen die leefarea en die slaapkamer en die items is aan die leefarea net langs die kombuisie se kant van die deur en die rede is omdat die kombuisie klein is. Na aanleiding van wat u geskryf het mag iemand dalk dink dat dit aan die slaapkamer se kant is.
Braaitoerusting, dit is ongelukkig so dat sommige gaste met meer huistoe gaan as waarmee hulle by ons aangekom het. Ons vra dus gewoonlik vir gaste dat hul rapporteer indien hulle enige iets benodig. Sodoende kan ons hul probleme uitstryk sodat hul verblyf aangenaam is en sodat ons nie van hul ongelukkigheid hoor eers wanneer ons ‘n resensie lees nie want dan kan ons nie meer u verblyfsituasie vir u verbeter nie.
Willem N - Des 2019
Algehele gradering
Matrasse is lankal verby bruikbaar. Baie sleg geslaap die 2 nagte.
Die Anker Guesthouse se terugvoer
Baie dankie vir resensie. Terugvoer kan ons net laat verbeter.
Die eienaar is onlangs oorlede na ‘n lang tyd van gesondheidsproleme. Ons, as nuwe bestuur, is besig om veranderinge en verberinge aan te bring. Ons het vroeg in Desember nuwe matrasse bestel. Ongelukkig is ons matrasse eers middel Januarie afgelewer omdat die fabrieke toegemaak het oor die kersvakansie en ons het dadelik die ouer matrasse uitgehaal en met die nuwe matrasse vervang.
Ek sien dat u waarde vir geld net 1 ster gegee het. U selfsorg eenheid bied slaapplek vir 4 mense waarvoor u R800.00 betaal het. Die kombuisie is volledig toegerus en die yskas/vrieskas is nuut gekoop en drie maande oud. Die eenheid het gratis onbeperkte Wi-Fi, ‘n slim platskerm televisie met Netflix, Sport en ander kanale. Die eenheid word daagliks gediens, selfs al het u net vir 2 dae. Daar is gratis koffie, tee, melk en suiker wat daagliks aangevul word, selfs al is dit 'n selfsorg woonstel, asook klein houers met bodywash, shampoo en lyfroom wat ook daagliks aangevul word.
Sekuriteit. Die motor parkering is onder skadunet en daar is 'n hek met ketting en 'n slot waarvoor gaste 'n sleutel kry. Ons het op 25 Januarie 2020, ongeveer 'n maand na u verblyf by ons, CCTV kameras op die perseel laat installeer en die parkeerarea van die eenheid word ten volle gedek deur twee CCTV kameras.
Jakes H - Des 2019
Algehele gradering
Lugversorgers in kamers sal goed wees. Bed in die kombuis sal pla, sou mens vir 'n lang tyd met 'n groter groep daar bly.
Die Anker Guesthouse se terugvoer
Baie dankie vir die regverdige terugvoer. Dit help ons om goeie besluite te neem met veranderings/verbeterings.
Whale het twee slaapkamers. In die hoofslaapkamer is 'n dubbelbed en 'n enkelbed en die tweede kamer is 'n oopplan slaapkamer/kitchenette met 'n dubbelbed in die slaapkamer gedeelte. Die kitchette se ligging kan 'n probleem skep met privaatheid vir daardie vroeg oggend koffie en daarom het ons die ketel na die eetkamer toe geskuif.
Volgens terugvoer wat ons kry word die kitchenette veel minder gebruik as die braaiplek op die stoep wat see uitsig het.
Lugversorgers: Dit is 'n gerief wat ons graag in die toekoms vir ons gaste wil aanbied. Omdat ons by die see is het ons gelukkig baie min dae wat die temperatuur onuitstaanbaar hoog is maar Oostewind dae is nie ons gunsteling dae nie. Gelukkig is die heersende wind van die see se kant af so hier is dit meer dikwels te koel as te warm.
Ek sien dat u drie sterre gegee het vir sekuriteit. Ons het op 25 Januarie 2020 CCTV kameras by die publieke areas en parkeer areas op die perseel laat installeer.
Ek sien dat u twee sterre gee vir "Value for Money" maar onder die opskrif is geskryf: Prys is goed.
Dankie daarvoor.
Carla V - Des 2019
Algehele gradering
Heerlike plekkie met see-uitsig.
Die Anker Guesthouse se terugvoer
Baie dankie Carla. Ons waardeer die resensie en is baie bly dat dit vir julle lekker was. Kom weer vir lekker kuier en lekker eet.
Lani M - Des 2019
Algehele gradering
Perfek vir ontspanning.
Die Anker Guesthouse se terugvoer
Baie dankie vir die mooi resensie, ons is bly julle het lekker gebly. Hopelik kon jul honde 'n bietjie in die seewater speel vir daardie lekker nat hond soene. :-) Julle is altyd welkom by ons.
Anonieme gas - Okt 2019
Algehele gradering
Fabian Dean B - Okt 2019
Algehele gradering
Dit was baie rustig. Wonderlike woongebied.
Die Anker Guesthouse se terugvoer
Baie dankie vir die resensie. Ons is so bly julle het lekker gebly. Ons sal hou van 'n winkelsentrum, maar ek dink nie hier is genoeg mense in die dorp vir 'n winkelsentrum om winsgewend te wees nie. Ons troosprys is die lieflike uitsig op die see. Dankie dat julle ons eiendom met soveel respek hanteer het. Julle is altyd welkom hier by ons.
Helena B - Sep 2019
Algehele gradering
Asemrowend.
Die Anker Guesthouse se terugvoer
Baie dankie vir die mooi resensie. Dit is heerlik om te lees.
Ons het intussen die volgende bygekry: Nuwe slim platskerm televisies en Netflix.
CCTV kameras is by die publieke areas en parkeer areas geinstalleer.
Heloise S - Sep 2019
Algehele gradering
Uitspattig lekker.
Die Anker Guesthouse se terugvoer
Baie dankie vir die terugvoer. Ons is bly dat julle dit geniet het. Ons area is baie bekend vir die wyne en op Doringbaai is ook 'n wynkelder.
Liesbet V - Aug 2019
Algehele gradering
Lekker by die see met baie goeie diens.
Die Anker Guesthouse se terugvoer
Baie dankie vir die mooi terugvoer. Ons probeer altyd om gaste welkom te laat voel. Ons het groot begrip vir voorkeure en geite sal ons dit nie noem nie. :-) Ons het onlangs die volgende verbererings aangebring: In elke kamer/eenheid is 'n nuwe slim platskerm televisie, Netflix is beskikbaar en daar is CCTV kameras oral in die publieke areas en parkeer areas op die perseel geinstalleer.
Hilton L - Aug 2019
Algehele gradering
That "feel at home" experience!
Die Anker Guesthouse se terugvoer
Thanks so much for your review. It is so good to hear when guests had a good time. Since your stay, we installed CCTV cameras for extra security and we added Netflix to the TV bouquet. You were a great guest and is always welcome at Die Anker Guesthouse in Doringbaai.
- Kapasiteit: 14 mense
- Geen kinders onder 12
-
Inkloktyd: 15:00 tot 00:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hoofweg 5, Doringbaai, 8151, Wes-Kaap