Die Blouhuisie
Bly 3 nagte en betaal slegs vir 2 op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie. Geldig vir verblyf vanaf 18 Apr 2024 tot 13 Jun 2024.
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Soos Gesien op Instagram
- Kapasiteit: 8 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Walter-singel 27, Britanniabaai, St. Helenabaai, 7282, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
-
Vanaf
R4 500R3 000 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Die Blouhuisie is 'n heerlike selfsorghuis by die see in Britanniabaai aan die Weskus. Hierdie seefront-huis bied 'n 180 grade-uitsig oor die see en is ideaal vir gesinne of groepe vriende wat op soek is na 'n rustige naweekwegbreek. Dit het ook 'n omsetter vir tydens kragonderbrekings.
Dié huis het 3 slaapkamers en 3 badkamers. Twee van die slaapkamers het koningingrootte-beddens en en suite-badkamers. Een van die en suite-badkamers het 'n stort-oor-bad en die ander een het 'n stort. Die derde slaapkamer het 4 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak.
Die kombuis is met 'n induksiestoof, oond, yskas-vrieskas, skottelgoedwasser, mikrogolfoond, eetgerei en breekware toegerus. Die leefarea het 'n stapeldeur wat na 'n groot dek met 'n lieflike see-uitsig lei. Daar is ook 'n groot etenstafel waar gaste hul maaltye kan geniet.
Buite op die stoep is daar braaigeriewe en 'n knus hangstoel, waar gaste kan lees of ontspan. Langs die stoep is daar 'n houtvuurwarmbad met 'n uitsig oor die see. 'n Weber-braai, kajak en 'n buitestort is ook beskikbaar, asook 'n veilige area naby waar gaste hulle boot kan los. Die huis bied ook veilige parkeerplek, 'n alarmstelsel en gratis WiFi.
Daar is verskeie besienswaardighede naby Die Blouhuisie, soos 'n gholfbaan, spa en 'n rits restaurante. Gedurende die seisoen kan gaste kreefduik, swartmossels versamel en rustig al langs die strand gaan stap. Daar is ook 'n moontlikheid dat gaste walvisse, dolfyne en pikkewyne sal raaksien.
Slaapplek
’n Bespreking by Die Blouhuisie sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- ADSL-lyn
- Jacuzzi
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Troeteldiere indien gereël
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- DVD-speler
- Internet
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
- Seep
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.6/5
Kathy Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 72
Jaar gelys 6
Ligging
- Walter-singel 27, Britanniabaai, St. Helenabaai, 7282, Wes-Kaap
- Gaste dink Die Blouhuisie het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Britanniabaai St. Helenabaai Weskus Wes-Kaap
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 8 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Walter-singel 27, Britanniabaai, St. Helenabaai, 7282, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom