Kaapstad Middestad Akkommodasie by Diplomat 115 | LekkeSlaap
+14
+14

Diplomat 115

1 resensie
Selfsorg
  • Vanaf R950 per nag (plek vir 2)
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hans Strijdom-laan 8, Tulbagh Square, Kaapstad, 8000, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Diplomat 115 is 'n selfsorgwoonstel in die sentrale sakedistrik van Stad Kaapstad. Die verblyf is op die 11de vloer van 'n woonstelblok in die Tulbagh Square geleë. Dit is ideaal vir sakereisigers en vakansiegangers en sentraal geleë, naby verskeie winkels, restaurante, besienswaardighede en doendinge.

Die woonstel het 1 slaapkamer met 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer wat met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak ingerig is. Die kamer het oorgenoeg kasruimte.

Die oopplan-leefarea het 'n kombuis wat volledig toegerus is met moderne geriewe. Die sitkamer het 'n gemaklike bank en daar is 'n etenstafel met sitplek vir 2 gaste. Verder is daar ook 'n TV met 'n Netflix-subskripsie en gaste het ook gratis WiFi-toegang in die woonstel. 'n Lessenaar is ook beskikbaar.

Die MyCiti-busstop is 110 m vanaf die ingang en Virgin Active is net 120 m ver. 'n Sekuriteitsdiens is 24 uur beskikbaar indien gaste enige hulp benodig.

Parkeerplek van die straat af is beskikbaar en dit is gratis tussen 17:00 en 08:00. Daar is ook parkeerplek beskikbaar in die plein voor die gebou, maar dit is net gratis tussen 18:30 en 04:30.

Slaapplek

’n Bespreking by Diplomat 115 sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed

Kenmerke

Afrikaans
Gratis WiFi

Geriewe

  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Parkering Op Die Straat

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4 uit 5van 1 resensie vir Diplomat 115
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.0/5
Veiligheid
2.0/5
Waarde vir geld
4.0/5

Ligging

  • Hans Strijdom-laan 8, Tulbagh Square, Kaapstad, 8000, Wes-Kaap
  • Gaste dink Diplomat 115 het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R950
per nag (plek vir 2)
Vanaf R950
per nag (plek vir 2)
Vanaf R950
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hans Strijdom-laan 8, Tulbagh Square, Kaapstad, 8000, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGZmOTZkODVlLWIxZTAtNDAzNi1hYjY5LTlkOTQ3NWE2MmJhMg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R950  per nag (plek vir 2) 1 5 1 4 8 Hans Strijdom Avenue Tulbagh Square 8000 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -33.918368028304 18.425630629063
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za