De Waterkant Akkommodasie by Docklands Luxurious Apartment | LekkeSlaap
+34

Docklands Luxurious Apartment

Selfsorg
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Prestwich-straat, De Waterkant, , 8001, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 695 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Docklands Luxurious Apartment is 'n selfsorgwoonstel in 'n veilige gebou in De Waterkant. Dis naby verskeie besigheids- en vakansiegeriewe in die middestad en die Atlantiese kus.

Dié woonstel het slaapplek vir 1 of 2 volwassenes en beskik oor 1 slaapkamer en 1 badkamer. Die slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die oopplankombuis is met 'n yskas, mikrogolf, oond, stoof en ander toebehore toegerus.

Daar is ook 'n uittrekslaapbank wat slaapplek vir 1 of 2 gaste het.

Die sitarea langsaan het 'n TV en lei na 'n klein balkon met 'n uitsig oor die omgewing. Die gebou spog ook met 'n ontvangsarea, 'n swembad en gasbraaigeriewe op die dak, sowel as veilige parkeerplek.

Die gebou is naby kroeë, koffiewinkels, restaurante en winkels. Dis net 1,5 km van Groenpuntstadion, 2 km van die V&A Waterfront en 22 km van Kaapstad Internasionale Lughawe af.

Slaapplek

’n Bespreking by Docklands Luxurious Apartment sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Portier
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Parkering Van Die Straat Af
  • Parkering Op Die Straat

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Prestwich-straat, De Waterkant, , 8001, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 695
per nag (plek vir 2)
Vanaf R1 695
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Prestwich-straat, De Waterkant, , 8001, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA689e91bc8776bca0f39c9e12ce71c08122f5fb4db25fc46476437d63383225a2f520a15dea14fc2472f2dad32fedb9e548bc?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 695  per nag (plek vir 2) Prestwich Street De Waterkant 8001 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-23:00 10:00 -33.913007707402 18.41859046627
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za