Golden Mile Akkommodasie by Dolphin House | LekkeSlaap
+18

Dolphin House

1 resensie
Selfsorg
  • Kapasiteit: 7 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Seal-singel 14, Golden Mile, St Helenabaai, 7390, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 125 per nag (plek vir 7)

Beskrywing

Dolphin House bied gerieflike selfsorgverblyf in Golden Mile, St Helenabaai, sowat 800 m van die strand af en 15 km vanaf Paternoster.

Die huis het 2 verdiepings en bied slaapplek aan 7 gaste. Daar is 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer is op die boonste verdieping en het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die ander 2 kamers is op die onderste verdieping, die een kamer het 'n dubbelbed en die ander kamer het 'n dubbel- en enkelbed. Daar is ook 'n badkamer op dié verdieping met 'n bad, toilet en wasbak.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n leefarea met 'n binnebraai en 'n balkon bo met buitebraaigeriewe. 'n TV met DStv-toegang word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie DStv-dekodeerder en -slimkaart saambring. 'n Enkelmotorhuis is beskikbaar vir parkeerplek.

Die huis is naby Brittaniabaai met sy ongerepte, uitgestrekte strande. Gaste kan ook deur die tuine stap of fietsry. Die Weskus bied oorgenoeg doendinge in die bekoorlike vissersdorpies, asook die Weskus Nasionale Park en die wonderlike veldblomme in die lente.

Slaapplek

’n Bespreking by Dolphin House sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 3 persone
1 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Opsomming van Resensie

4.2 uit 5van 1 resensie vir Dolphin House
Netheid
3.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.0/5

Ligging

  • Seal-singel 14, Golden Mile, St Helenabaai, 7390, Wes-Kaap
  • Gaste dink Dolphin House het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 125
per nag (plek vir 7)
Vanaf R1 125
per nag (plek vir 7)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 7 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Seal-singel 14, Golden Mile, St Helenabaai, 7390, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAacb52f6fba7c0c1de1c55d83567d04bc6572b161655759f07ec91e2b1fcc3c6d9c6738c1b9a47d96bb5780bae9b120b2ebd8?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 125  per nag (plek vir 7) 1 5 1 5 14 Seal Crescent Golden Mile 7390 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -32.723705107082 17.963902459525
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za