Mosselbaai Akkommodasie by Dolphin View | LekkeSlaap
+21

Dolphin View

4 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Fisant-rylaan, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 250 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Dolphin View is 'n selfsorghuis net 700 m van Diaz-strand af, die gewildste strand in Mosselbaai wat ook bekend staan as die Monaco van Suid-Afrika. Die groot huis het baie ruimte vir onthaal, met 2 balkonne en slaapplek vir 6 mense.

Die huis het 4 slaapkamers en 3 badkamers, 2 van hulle is en suite. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed, 'n sitarea waar gaste hulle ontbyt of 'n koppie tee kan geniet en 'n en suite-badkamer met 'n stort, bad, toilet en wasbak. Kamer 2 en 3 het elkeen 'n driekwartbed. Die vierde slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Geniet die uitsig vanuit elke kamer.

Die kombuis is volledig toegerus vir al jou selfsorgbehoeftes. Daar is pragtige werkoppervlakke van steen en oorgenoeg kaste. Die kombuis het ook 'n groot yskas-vrieskas, oond, stoof, mikrogolfoond, skottelgoedwasser, wasmasjien, tuimeldroër, broodrooster en ketel. Die eetkamer is net langs die kombuis en spog met sitplek vir 8 gaste. Die sitkamerarea het 'n bank en 4 stoele waar gaste kan kuier of voor die platskerm-TV met DStv (Extra) en 'n DVD-speler ontspan.

Daar is 2 ruim balkonne waar gaste kan ontspan, die vars lug en die pragtige natuurskoon kan geniet. Daar is 'n ingeboude braai-area op die 1 balkon waar vriende en familie kan smul aan heerlike etes terwyl hulle die uitsig bewonder. Daar is veilige parkeerplek en plek vir 1 voertuig in die motorhuis en 1 motor by 'n onderdak parkeerplek

Slaapplek

’n Bespreking by Dolphin View sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 1 persoon
1 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 1 persoon
1 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 4 resensies vir Dolphin View
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Fisant-rylaan, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
  • Gaste dink Dolphin View het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 250
per nag (plek vir 6)
Vanaf R1 250
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Fisant-rylaan, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDVmMzRkNmYyLTMwOTktNGMwOC04MTJjLWZmODkwNTM5ZWJkNw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 250  per nag (plek vir 6) 4 5 1 5 Fisant Drive Mossel Bay 6500 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.165687369459 22.10487344946
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za