LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by 7B Driftwood George Accommodation | LekkeSlaap
+24

7B Driftwood George Accommodation

1 resensie
Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 16:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 7B Arthur Bleksley-straat, Loeriepark, George, 6529, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 200 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

7B Driftwood George Accommodation is in George in die Wes-Kaap geleë wat 'n gewilde vakansiebestemming en die administratiewe en kommersiële sakekern op die Tuinroete is. Dit bied die perfekte wegbreekplek vir vakansiegangers wat uit die besige stadslewe wil ontsnap.

Die verblyf bestaan uit 2 woonstelle ? 7B Driftwood en 7C Driftwood. 7B Driftwood bied gerieflike verblyf vir 6 gaste. Die eenheid het 3 slaapkamers: 1 met 'n dubbelbed en 2 kamers met 2 enkelbeddens elk. Die badkamer het 'n stort en bad en daar is 'n aparte gastetoilet. Beddegoed en badhanddoeke word voorsien. Daar is ook 'n ruim leefarea met 'n oopplan-eetkamer. Die kombuis beskik oor 'n yskas-vrieskas, oond, stoofplaat, mikrogolfoond, broodrooster, eetgerei, potte, panne, strykyster en strykplank. 'n Draagbare braai word voorsien sodat gaste lekker kan braai en die eenheid het 'n lieflike onderdakstoep met tafels en stoele asook 'n pragtige uitsig op die Outeniekwa-berge.

7C Driftwood is gepas vir 2 gaste en het 1 slaapkamer met 'n dubbelbed en oorgenoeg kasspasie. Die moderne badkamer het 'n stort, wasbak en toilet. Die oopplan-kombuisie het 'n yskas-vrieskas, mikrogolf, broodrooster, eetgerei, breekware, potte, panne en 'n strykyster. Ander geriewe in die eenheid sluit 'n leefkamer, WiFi en 'n TV met DStv teen 'n minimale fooi in. Beddegoed en badhanddoeke word voorsien. Bring asseblief jou eie swemhanddoeke.

Geriewe op die perseel sluit 'n braai-area en veilige parkeerplek in.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Hier praat ons

  • Afrikaans

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 1 resensie vir 7B Driftwood George Accommodation
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
3.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • 7B Arthur Bleksley-straat, Loeriepark, George, 6529, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 200
per nag (plek vir 6)
Vanaf R1 200
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 16:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 7B Arthur Bleksley-straat, Loeriepark, George, 6529, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDAzZjljYTBiLTcyN2ItNDJjOC04YTU0LWY4OGNhMjUyMGM1OQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 200  per nag (plek vir 6) 1 5 1 5 7B Arthur Bleksley Street Loeriepark 6529 Wes-Kaap 086 999 0018 16:00-20:00 10:00 -33.963555555556 22.493361111111
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!