Duiker 32
- Kapasiteit: 8 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Duikerstraat 32, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 625 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Duiker 32 bied vakansieverblyf in 'n knus kothuis in die hartjie van Struisbaai. Dit is 'n wonderlike opsie vir 'n wegbreek by die see saam met familie of 'n groepie vriende aangesien die kothuis net 120 m vanaf die strand is.
Die kothuis bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers. Elke slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n stapelbed. Die eerste badkamer het 'n bad en 'n stort en die tweede badkamer het 'n stort. Alle linne word voorsien, maar gaste moet hul eie handdoeke saambring.
Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. 'n Skottelgoedwasser en 'n wasmasjien is ook beskikbaar. Die kombuis lei na 'n etenstafel en 'n knus sitarea met gemaklike rusbanke en 'n TV met DStv. Gaste is welkom om hul eie dekodeerder en slimkaart saam te bring.
Die kothuis spog ook met 'n ingeboude binnebraai en buite is daar 'n sonnige binnehof met sitplek en nog braaigeriewe.
Slaapplek
’n Bespreking by Duiker 32 sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.1/5
Sanelle Geverifieer
Eiendomme 41
Resensies 66
Jaar gelys 8
Ligging
- Duikerstraat 32, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in Struisbaai Agulhas Overberg Wes-Kaap
- Kapasiteit: 8 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Duikerstraat 32, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom