Duikerfontein Bed and Breakfast

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Duikerfontein B&B is in 'n rustige omgewing in sentraal Durban-Noord geleë. Dié B&B is lekker naby die Gateway Theatre (met winkels, 'n fliekteater, rotsklimmuur, brander-swembad en vermaaklikheidsarea), Sun Coast Kasino en die Sibaya Kasino. Vir strandpret is Umhlanga en die Goue Myl op jou voorstoep, en Umhloti en Ballito net 'n entjie se ry weg.

Duikerfontein bied 5 kamers wat elkeen lugversorging, 'n en suite-stort, DStv, WiFi, yskassie, en tee- en koffiemaakgeriewe het. Daar is veilige parkering, braaigeriewe en 'n swembad. Gaste kan kies tussen 'n volledige Engelse en 'n Kontinentale ontbyt. Twee van die kamers is in 'n buitenste kothuis geleë wat toegang bied tot die gemeenskaplike patio. Dié 2 kamers het oopplan-kombuisies wat toegerus is vir selfsorg. Die ander drie kamers is in die vleuel van die hoofhuis, maar het aparte ingange. Dié kamers kan gekombineer word om 'n gesinseenheid te vorm, en bied ook toegang tot die patio langs die swembad.

Vir die natuurliefhebber is daar voetslaanroetes by die Hawaan Lagoon by Umhlanga of die nabye Virginia Natuurreservaat. Vir sportliefhebbers is daar vier gholfbane binne 10 minute van mekaar, net 30 minute vanaf Duikerfontein. Parkhill en Northlands se rolbalbane is stapafstad en 'n tennisklub is net om die hoek. Die Kings Park-sokkerstadion, die Absa-rugbystadion en Kingsmead-krieketstadion is baie naby hiervandaan.

Besigtigingstoere kan na die Umfolozi Wildsreservaat (wat spog met die Groot Vyf) gereël word. Die jaarlikse sardynloop is ook 'n geleentheid wat nie mis geloop kan word nie. Vat 'n boot by Umhlanga en baljaar saam met die dolfyne.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Maaltye Aangebied

  •  Kamerbediening
  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Duikerfontein Bed And Breakfast gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 050 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za