EdelRose
- Kapasiteit: 10 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Edelingstraat 12, Universitas, Bloemfontein, 9301, Vrystaat
- Vanaf R495 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
EdelRose is in Universitas, Bloemfontein geleë. Die eiendom bied 4 woonstelle, Cosmos Sakpas, Aloe n Rose, Flora Comfort en Fauna Overnight en elkeen het 'n privaat ingang. Gaste in Aloe n Rose het toegang tot 'n privaat en omheinde tuin. Die ander eenhede het hulle eie privaat stoepe.
Die Cosmos Sakpas bied slaapplek aan 2 gaste en het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Die eenheid het ook DStv, WiFi, 'n waaier, toegang tot 'n privaat sitarea en 'n kombuisie wat met 'n yskas, mikrogolf, kookplaat en eetgerei toegerus is.
Aloe n Rose bied slaapplek aan 4 gaste. Die eenheid het 'n ruim gemeenskaplike area en 'n afgeskorting wat die dubbelbed en die 2 enkelbeddens in die leefarea van mekaar skei. Daar is 'n dubbelbed in die slaaparea en 2 enkelbeddens in die leefarea. Die badkamer het 'n stort. Die aparte kombuis is met 'n yskas, mikrogolfoond en 'n kookplaat toegerus. Daar is ook 'n TV met DStv Premium, 'n staanwaaier en 'n muurverwarmer. Die eenheid lei na 'n privaat tuin.
Flora Comfort bied slaapplek aan 3 gaste. Die eenheid het 'n dubbelbed en 'n enkelbed vir 1 kind. Die gemeenskaplike area het 'n lessenaar, slim-TV met Netflix, 'n muurverwarmer en 'n waaier teen die muur. Die aparte kombuis is met 'n ketel, breekware, mikrogolfoond, kookplaat en 'n yskas toegerus is. Die badkamer het 'n stort. Let wel dat daar 'n trappie in die badkamer is met die wasbak en stort op 'n hoër vlak. Die eenheid lei na 'n privaat stoep.
Fauna Overnight bied slaapplek aan 2 gaste en het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Daar is ook 'n yskas, mikrogolfoond, kookplaat, 'n TV en WiFi. Die eenheid het sy eie stoep.
Daar is veilige parkeerplek, 24 uur-sekuriteit, 'n braai-area en gratis WiFi. Braaitoerusting is op versoek beskikbaar. Daar is 'n omsetter en batterystelsel wat ondersteuning aan die ligte, TV, WiFi en die waaier ondersteun. Buitelug-gasgeriewe is vir verhitting tydens beurtkrag beskikbaar.
EdelRose is naby die N1. Die eiendom is naby 'n winkelsentrum, Universiteit van die Vrystaat, Vrystaat-stadion en Universitas Hospitaal.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.6/5
Fred Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 590
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- Edelingstraat 12, Universitas, Bloemfontein, 9301, Vrystaat
- Gaste dink EdelRose het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Universitas Universitas Ridge Bloemfontein Vrystaat
- Kapasiteit: 10 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Edelingstraat 12, Universitas, Bloemfontein, 9301, Vrystaat