Edward Charles Manor

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Mosselbaai is in die hartjie van die asemrowende Tuinroete geleë en nooi jou om sy skoonheid, lang goue strande, en gematigde klimaat te kom ervaar. Dit is hiér waar die Edward Charles Manor Guesthouse geleë is en wag om jou te verwelkom by 'n plek waar jy jou kan verlustig in 'n bekostigbare verblyf-ervaring aan die kus.

Ons bied 15 en suite-kamers met satelliet-TV, 'n kluis, telefoon, plafonwaaier, haardroër en tee- en koffiemaakgeriewe.

Begin jou dag met 'n asemrowende uitsig van die sonsopkoms, gevolg deur 'n hartlike ontbyt. Koel af in ons privaat swembad, ontspan in die Jacuzzi, wen af in ons dameskroeg, of geniet verversings in ons pragtige teetuin.

Die Edward Charles Manor is ideaal geleë naby die sakekern, strande en besienswaardighede. 'n Gratis pendeldiens is beskikbaar om jou na van ons gewilde restaurante te neem. Dié hawedorp is 'n uitstekende bestemming vir gesinne en paartjies wat 'n ontspanne vakansie ver van die stad af nodig het. Maak egter seker dat jy in 'n gerieflike gastehuis tuisgaan wanneer jy hier besoek aflê. Dit sal verseker dat jou vakansie prettig en kommervry is.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Kantoorgeriewe
  •  Televisie
  •  Plek vir tot 30 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Edward Charles Manor gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R993 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false