Elephant Rest Forest Cottage and Cabin
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 10 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Erf 142, Bibbyshoek, Rheenendal, Knysna, 6570, Wes-Kaap
- Vanaf R900 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Elephant Rest Forest Cottage and Cabin is ’n pragtige instansie op die rand van die oeroue inheemse Knysnawoud. Die area bied van die Tuinroete se mooiste staproetes wat lei na ongerepte watervalle en uitdagende bergfietsroetes. Lang, oop strande asook die Buffelsbaai-area se branderplankgolwe is net 25 km van die verblyf af.
Die Forest Cottage bied slaapplek aan 6 gaste en het 3 slaapkamers, 2 badkamer en ’n oopplan-kombuis en -leefarea. Die Cosy Cabin het slaapplek vir 4 gaste en het 2 slaapkamers, ’n badkamer en ’n onderdak-oopplan-kombuis en -leefarea. Beide eenhede het hulle eie braai-area in die tuin.
Dié instansie poog om omgewingsbewus te wees en so min moontlik afval te produseer. By die instansie word daar soveel moontlik herwin en word daar kompos van alle organiese afval gemaak. Vullisdromme word voorsien en afval word gereeld weggeneem en vir die hoenders op die perseel gevoer, so gaste hoef nie moeite te doen nie. Die gasheer moedig gaste aan om omgewingsvriendelike toiletware te gebruik. Daar is plaaslik vervaardigde opsies beskikbaar in die huisie.
Gaste is welkom om die sonnige groentetuin te verken en na die klein boordjie te gaan waar gaste dalk selfs vrugte kan proe, afhangend van die seisoen. In die uitgestrekte tuine is daar hoekies en draaie wat ideaal is vir lees, rus of voëlkyk. As gaste gelukkig is kan hulle dalk die skaam Knysnaloerie raaksien, en op ’n warm dag kan gaste in die plaasdam afkoel.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Masseer- en Skoonheidsterapie
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Tee
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Adela & Brett Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 12
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- Erf 142, Bibbyshoek, Rheenendal, Knysna, 6570, Wes-Kaap
- Gaste dink Elephant Rest Forest Cottage and Cabin het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Rheenendal Tuinroete Wes-Kaap
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 10 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Erf 142, Bibbyshoek, Rheenendal, Knysna, 6570, Wes-Kaap