- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 28 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hoek van Murry-en Bosmanstraat, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
- Geen kinders onder 14
- Vanaf R1 899 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Evergreen Manor and Spa is in Stellenbosch se historiese middedorp in die hartjie van die Kaapse Wynlande geleë. Dié herehuis dateer uit 1904, is in 'n plaashuis-styl gebou en bied heerlike verblyf met 'n ouwêreldse bekoring en moderne gerief.
Verblyf word gebied in 12 eenhede met slaapplek vir 24 gaste. Elke eenheid het lugversorging, 'n en suite-badkamer, DStv en hoëspoed-internetpunte. Daar is ook 'n kroegie en tee- en koffiemaakgeriewe.
Geriewe sluit 'n swembad, gesondheidspa, wasgoeddiens en veilige parkeerplek in. Ontbyt word op 'n groot onderdakstoep met 'n rustige tuin-atmosfeer bedien.
Stellenbosch is die ideale plek vanwaar die res van die streek verken kan word. Kom bly in die hartjie van die Kaapse Wynlande, net 15 tot 50 minute se ry vanaf Kaapstad, Tafelberg, Robbeneiland, Paarl, Franschhoek, Gordonsbaai en die Walvisroete. Daar is ook 10 top-gholfbane in die omgewing.
Let asb. dat rook verbode is in die kamers en dat troeteldiere nie toegelaat word nie.
Kenmerke
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Spa-behandelinge
- Swembad
- Portier
- Gastesitkamer
- Wasgoeddiens
- Masseer- en Skoonheidsterapie
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- Konferensiegeriewe
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Wynproe
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- Wegbreekkamers
- Dataprojektor
- DVD-speler
- Blaaibord
- Witborde
- Internet
- Televisie
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- American Express
- Diners-kaart
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.7/5
Riel & Christina Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 63
Jare op LekkeSlaap 13
Ligging
- Hoek van Murry-en Bosmanstraat, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
- Gaste dink Evergreen Manor and Spa het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Stellenbosch Sentraal Stellenbosch Boland Wes-Kaap
- Kapasiteit: 28 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hoek van Murry-en Bosmanstraat, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
- Geen kinders onder 14