Executive Beach Beauty

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Executive Beach Beauty is 'n selfsorg-vakansiehuis in Melkbosstrand, 'n kusdorpie 35 km noord van Kaapstad. Dié dorpie is bekend vir sy wit strande, seekosrestaurante, voetslaanpaaie in die natuur, sandduine en asemrowende berg-uitsigte.

Die huis het slaapplek vir 10 gaste (6 volwassnes) en beskik oor 5 slaapkamers, 5 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die eerste 3 slaapkamers het elkeen 'n koninggrootte-bed. Die vierde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die vyfde slaapkamer het 'n dubbelbed. Elke slaapkamer het 'n en suite-badkamer. Die slaapkamers se balkonne bied 'n uitsig oor die majestueuse Atlantiese Oseaan.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en het 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware. Daar is verskeie eetareas in die huis. Die leefarea her 'n gemaklike sitkamerstel en 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale. Gratis WiFi is beskikbaar.

Die leefarea bied toegang tot 'n heerlike patio met buitemeubels, 'n swembad en braaigeriewe. Die patio kyk uit oor die ommuurde tuin.

Slaapplek

'n Bespreking by Executive Beach Beauty sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 kinders
1 x Kindermatras vir 2

Slaapkamer 5 - Huisves 2 kinders
1 x Kindermatras vir 2

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Restaurant op Perseel
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Waaier
  •  Kaggel

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Executive Beach Beauty gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R6 795 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false