Fairhaven Guest Accommodation

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Fairhaven Guest Accommodation is in die rustige woonbuurt Aurora in Durbanville. Die eiendom is op die rand van Durbanville en is omring deur bekende wynplase soos Diemersdal, Altydgedacht. De Aria, Nitida, Meerendal, Hillcrest en Durbanville Hills. Die tuinwoonstelle is in 'n veilige omheinde tuin met 'n elektriese hek. 'n Groot swembad en braaigeriewe is beskikbaar. Linne en handdoeke word voorsien.

Die Tuinwoonstel is 'n ruim tweeslaapkamereenheid met slaapplek vir 4. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die kombuis is ten volle toegerus met 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n ontbyttoonbank met sitplek. Die sitkamer het 'n TV met 'n plaaslike kanale.

Die Bachelor-woonstel het 'n oopplan-uitleg en word bereik via 'n dek. Die eenheid het 'n koninggrootte-bed, oopvou-rusbank en 'n TV met plaaslike kanale. Daar is ook 'n kombuisie en 'n badkamer met 'n stort.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Nederlands

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Fairhaven Guest Accommodation gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R650 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]