Mosselbaai Gholflandgoed Akkommodasie by Fairways Self Catering | LekkeSlaap
+26
+26

Fairways Self Catering

Selfsorg
  • Vanaf R1 060 per nag (vir 4 persone)
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Galatea-rylaan 161, Mosselbaai Gholflandgoed, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Fairways is geleë op die Mosselbaai Gholflandgoed en Natuurreservaat met 24 uur-sekuriteit. Die landgoed is in 'n sentrale woonbuurt in die dorp. Al die vernaamste dorpe en gholfbane op die Tuinroete is 30 - 55 minute se ry van hier af.

Fairways beslaan die hele boonste vloer van die gebou. Die woonstel is baie privaat en word lekker helder verlig. Maak Fairways jou tuiste vanwaar jy die Tuinroete kan verken. Ons bied gerief, rustigheid, gasvryheid en veel meer. Al die hoof-besienswaardighede, winkels, strande en die N2-hoofweg is maklik van ons af bereikbaar.

Fairways is 'n 4-ster-selfsorgwoonstel wat stylvol ingerig is. Dit is ten volle toegerus met topgehalte-geriewe. Daar is slaapplek vir 4 gaste in twee luukse en suite-slaapkamers. Die een slaapkamer het 'n koninggrootte-bed (of 2 enkelbeddens op versoek), en die ander een het 2 enkelbeddens, (of 'n koninggrootte-bed op versoek). Gehaltelinne en -handdoeke word voorsien. Albei slaapkamers het skuifdeure na 'n ruim balkon (4 x 8 m) waar gaste kan ontspan, en die asemrowende uitsig en natuurskoon kan geniet.

Die oopplan-woonkamer, wat na die balkon lei, spog met 'n pragtige sitarea met DStv-Premium, 'n eetarea en 'n moderne toegeruste kombuisie met komplimentêre tee en koffie. Gratis WiFi is in die woonstel beskikbaar, asook 'n wasgoeddiens op versoek.

Geniet die pragtige uitsigte oor die Indiese Oseaan, en op die asemrowende Outeniekwaberge vanuit al die kamers, en veral vanaf die uiters ruim balkon waar gaste die buitelug kan geniet, eet en sonbaai. Jy sal werklik ontspan in hierdie rustige landgoed waar wild volop is. Dit sluit verskeie voëlspesies, kleinwild en wildsbokke (springbokke) in.

Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.

Spesiale gholftariewe: Gaste by Fairways kan van die Mosselbaai Gholfbaan gebruik maak teen afslag-tariewe (setperkfooie).

Besienswaardighede sluit die volgende in: strande, historiese terreine, maritieme museum, kunsvlytwinkels, skubaduik, haaihokduik, wild- en walviskyk.

Slaapplek

’n Bespreking by Fairways Self Catering sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 38 resensies vir Fairways Self Catering
Netheid
5.0/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.9/5

Ligging

  • Galatea-rylaan 161, Mosselbaai Gholflandgoed, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
  • Gaste dink Fairways Self Catering het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 060
per nag (vir 4 persone)
Vanaf R1 060
per nag (vir 4 persone)
Vanaf R1 060
per nag (vir 4 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Galatea-rylaan 161, Mosselbaai Gholflandgoed, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGY4NGFlZGU1LTI0OWMtNDg1ZS1hODhmLTk3YzcwNzY1NWIwNg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 060  per nag (vir 4 persone) 38 5 1 5 161 Galatea Drive Mossel Bay Golf Estate 6500 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-22:00 10:00 -34.189609440415 22.127290964127
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za