Struisbaai Akkommodasie by FantaSea | LekkeSlaap
+21

FantaSea

Selfsorg
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Disastraat 27, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R750 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

FantaSea is in die kusdorpie Struisbaai. Dié gewilde vakansiedorpie het een van die langste onbelemmerde strande in die Suidelike Halfrond en bied wit vissershuisies, kleurvolle vissersbote, 'n werkende hawe en 'n bekoorlike kusatmosfeer.

Verblyf is beskikbaar in die hoofhuis en 'n aparte woonstel.

Dié hoofhuis is 'n dubbelverdiepinghuis met 3 slaapkamers en bied slaapplek aan 6 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die tweede badkamer is apart en het 'n bad. Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolf en etenstafel met sitplek vir 6 toegerus. Die opwaskamer bied 'n wasmasjien en 'n diepvrieskas. Die huis het 'n leefarea op die onderste verdieping en die tweede leefarea is op die boonste verdieping. Die eenheid het 'n balkon met braaigeriewe en 'n privaat tuin.

Die woonstel by FantaSea is langs die hoofhuis en het sy eie privaat ingang. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed wat oor die tuin uitkyk. Die tweede slaapkamer is tussen die hoofslaapkamer en die leefarea en het 2 enkelbeddens. Die leefarea is oopplan met glasdeure wat op die oprit oopmaak en 'n pragtige uitsig oor die groenstrook en die see bied. Daar is 'n kombuis met die nodige geriewe vir selfsorg en 'n binnebraai.

Die hoofstrand is ideaal vir watersport, soos kajakvaart, bootvaart, branderplankry, lyfplankry, visvang, vlieërbranderry, asook skulpies optel, wandel op die strand en walviskyk.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Disastraat 27, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R750
per nag (plek vir 4)
Vanaf R750
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Disastraat 27, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAWhGr8gHEBxak93EcQ3NqbFUKcsgweDsxOc3Avh5nTUNOBS7Y8P?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R750  per nag (plek vir 4) 27 Disa Street Struisbaai 7285 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.804753 20.053208
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za